23.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


23 Mei 2012

30 Bruidspare gekies


Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

19.03.2010

Dankie, Namibië!

© Republikein
Die geskiedkundige byeenkoms op 6 Februarie 1990 van lede van ’n subkomitee van grondwetskrywers wat die Namibiese Grondwet afgehandel het drie dae voor dit op 9 Februarie deur die Grondwetskrywende Vergadering aanvaar is en Namibië op die eerste tree van onafhanklikheid en staatkundige vryheid gelanseer het. Die eerste plakkaat het ikoniese waarde verwerf en een van die eerste amptelike plakkate geword waarmee Namibiese vryheid aangekondig is en wat hierdie naweek 20 jaar later herdenk word. Voor van links is mnre. Hidipo Hamutenya (Swapo en nou RDP), Theo-Ben Gurirab (Swapo), mnr. Dirk Mudge (DTA, wat nou boer), dr. Hage Geingob (Swapo), me. Pendukeni Iivula-Ithana (Swapo) en mnr. Moses Katjiuongua (NPF, nou afgetree). Agter van links is opperhoof Justus Garoëb (UDF), wyle mnr. Barney Barnes (DTA), wyle mnr. Nico Bessinger (Swapo), wyle mnr. Hans-Erik Staby (DTA), prof. Peter Katjavivi (Swapo), adv. Vekuii Rukoro (NNF en nou sakeleier), adv. Hartmuth Ruppel (Swapo), mnr. Nahas Angula (Swapo) en mnr. Ben Amathila (Swapo).

PRESIDENT Hifikepunye Pohamba, wat Sondag vir sy tweede ampstermyn ingehuldig word, het op die vooraand van Namibië se 20ste herdenking van onafhanklikwording al die mense van Namibië bedank vir hul bydrae om vrede en stabiliteit in die land te verseker.

Dit is dié vrede en stabiliteit wat ekonomiese en maatskaplike interaksie tussen al die mense van die land, Noord, Suid, Wes en Oos, gebring het en verseker het dat sakelui besigheid in ’n atmosfeer van vrede kon doen.

“Sonder vrede kan daar geen vooruitgang wees nie,” het Pres. Pohamba vandeesweek in ’n onderhoud aan Republikein gesê.
© Niël Terblanché
Pres. Hifikepunye Pohamba tydens die onderhoud met Republikein.
Met die herinnering aan ’n strawwe verkiesingsveldtog wat verlede jaar gevoer is nog vars in almal se geheue, het die President gesê die opperwet van die land, te wete die Grondwet, waarborg die reg tot vryheid van assosiasie wat die vorming en aansluiting by politieke partye insluit.

“Toe ek die mense van die land bedank het vir hul bydrae tot die instandhouding van vrede en stabiliteit die afgelope 20 jaar, het ek nie net van Swapo gepraat nie, maar van al die burgers van hierdie land. Daar mag nooit deur die regerende party teen lede van opposisiepartye gediskrimineer word nie. Die Regering waarvan ek aan die hoof staan, is vir alle Namibiërs.

“Ten einde vrede te handhaaf, moet ons almal saamwerk. Wanneer daar werk is om te doen, moet ons dit almal saam doen sodat ons die land kan ontwikkel, nie net vir lede van die regerende party nie, maar vir alle Namibiërs.

“Ek het onlangs ’n nuwe pad by Omagongati geopen. Daardie pad is nie net vir Swapo-lede nie, maar vir alle Namibiërs. Dit maak nie saak aan watter politieke party hulle behoort of van watter godsdiensoortuiging nie, dis vir alle Namibiërs bedoel. “Kom ons verenig. Kom ons werk almal saam sodat ons vrede en stabiliteit in ons mooi land kan laat seëvier,” het Pres. Pohamba gesê.