Vandag se koerant


Vandag se Spotprent


Gene Travers

Tierheim Practice Show


Motor 11 Julie

Land van kontraste


Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

16.06.08

Noodlanding loop skeef buite Swakop

16.06.08

Rooikruisvrou uit Ethiopië gegooi

23.06.08

Moord op Walvis

10.06.08

‘Ontvoerde’ ma aangekla

06.06.08

Nog ’n aanslag op Ooste-boere

16.05.2008

Chinese trein gaan staan weer

© Theo Gurirab
Van die passasiers wat op die onklaar trein agtergebly het, word in ’n TransNamib-voertuig gelaai.
PASSASIERS, waaronder kinders wat Woensdagaand met TransNamib se Starline Passenger Service uit Walvisbaai vertrek het, oorweeg ’n verskeidenheid van eise nadat dié Chinees-vervaardigde SDD-6 lokomotief meganies opgepak en hulle vir meer as vier ure in die veld gestrand was.

Van die passasiers het met bagasie en al na die nabygeleë hoofpad tussen Windhoek en Okahandja gestap op soek na saamrygeleenthede om betyds vir werk en afsprake te wees. Die trein het Woensdagaand om 19:00 uit Walvisbaai vertrek en was veronderstel om presies om 07:00 die volgende oggend in die hoofstad aan te kom.

Dit het egter aaneen gebreek en só is baie tyd gemors. Republikein het omstreeks 12:00 op die toneel sowat 20 kilometer buite Windhoek opgedaag en met van die passasiers gesels voor hulle deur TransNamib se bussies opgelaai is. “Van die mense is met motors deur familie uit Windhoek kom haal, terwyl baie na die hoofpad geloop het om ’n saamrygeleentheid te kry.

“Die van ons wat kinders het, kon nie dieselfde doen nie en het ons selfoonkrediet opgebel soos ons na maniere gesoek het om betyds vir werk te wees,” het van die passasiers gesê. Die agteruitgang van Namibië se eens winsgewende vervoerreus is die afgelope tyd uit verskeie oorde bevestig, maar die TransNamib-bestuur het dit telkens ontken en gesê die onderneming is op koers.

Mnr. Titus Imbili, TransNamib se aangewese hoof uitvoerende beampte, het gister in ’n onderhoud met Namibian Sun gesê dat sy instelling hoogs tevrede is met die SDD- 6 lokomotiewe, 200 vragwaens en noodtoerusting wat teen ’n koste van N$204 miljoen uit China aangekoop is. Daar is reeds by verskeie geleenthede gewys op tegniese probleme met die remstelsels, ratkaste en enjins van die Chinese lokomotiewe en toerusting.

Republikein het voorts verneem dat dieselfde trein uit Walvisbaai verlede naweek eers omstreeks 15:00 in Windhoek aangekom het. Sy verwagte tyd was ook 07:00. Me. Rita Nghiitwikwa, woordvoerder van TransNamib se Starlinepassasiersdiens, was gister heeldag in ’n vergadering en kon teen druktyd nie bereik word om TransNamib se kant te stel nie.