23.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


23 Mei 2012

30 Bruidspare gekies


Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

8.10.2009

Byna 1 000 Namibiërs registreer in buiteland

DIE Verkiesingskommissie van Namibië (ECN) het aangekondig dat die registrasieproses van stemgeregtigde kiesers in die buiteland suksesvol afgehandel is met ’n totaal van 992 mense wat geregistreer het.

Die proses het in 26 lande plaasgevind en dit is die eerste keer dat aanvullende registrasie in die buiteland plaasgevind het, soos die gewysigde kieswet voorsien.

“Met inagneming van die feit dat baie Namibiërs oorsee woon en reeds geregistreer het vir vorige verkiesings, word verwag dat ’n groot aantal Namibiërs hul stemme op 13 November sal uitbring, wanneer die stemproses in die buiteland gaan plaasvind,” sê die ECN.

Die nuwe registrasiesyfers uit die buiteland is soos volg:

Angola 13; België 35; Botswana 23; Brasilië 104; Brittanje 33; China 21; Demokratiese Republiek van die Kongo 7; Duitsland 24; Egipte 5; Ethiopië 9; Frankryk 12; Indië 20; Kuba 60; Maleisië 5; Nigerië 5; Oostenryk 28; RSA, Kaapstad 95; RSA, Pretoria 94; Rusland 26; Swede 16; Tanzanië 13; VSA, New York 54; VSA, Washington DC 19; Zambië 14; Zimbabwe 257.