23.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


23 Mei 2012

30 Bruidspare gekies


Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

8.09.2010

Boubedryf onder skoot

© Francoise Steynberg
Die Suid-Afrikaanse afgevaardigdes van die boubeheerliggaam, die Nasionale Huisbouersregistrasieraad (NHBRC), is v.l.n.r. mnre. Sipho Mashinini, dr. Jeffrey Mahachi en Thihangwi Mudau.

SUID-AFRIKA se konstruksiebeheerliggaam, die Nasionale Huis-bouersregistrasieraad (NHBRC), het onderneem om Namibië help om ’n soortgelyke liggaam in die land te vestig om die boubedryf te reguleer en te beheer om verbruikers sodoende te beskerm.

Kavango Block Brick het onlangs ’n konferensie aangebied waar afgevaardigdes van NHBRC waardevolle inligting en ondervinding met verskillende rolspelers in die boubedryf en die Regering gedeel het.

Die doel is dat Namibië ’n soortgelyke regulerende en beheerliggaam in die boubedryf stig om standaarde te stel en huiseienaars te beskerm, luidens die uitvoerende tegniese direkteur van NHBRC, dr. Jeffrey Mahachi.
© Francoise Steynberg
Die uitvoerende tegniese direkteur van die Nasionale Huisbouersregistrasieraad (NHBRC), dr. Jeffrey Mahachi, het Namibiërs die versekering gegee dat sy organisasie die land sal help om ‘n soortgelyke liggaam te vestig.
“Die konferensie kon nie op ’n beter tyd plaasgevind het nie, want die Regering kyk na innoverende maniere om die lewenstyl van ons landsburgers te verbeter deur bekostigbare behuising te voorsien,” het die ondersekretaris van die Ministerie van Werke en Vervoer, mnr. Andrew Mwazi, namens die Minister van Werke en Vervoer, mnr. Erkki Ngimtina, gesê.

“Die doel van die konferensie is om by ons Suid-Afrikaanse kollegas te leer hoe om die boubedryf te reguleer en te beheer. Ek is seker dat as ons konstruksiebedryf ordentlik gekoördineer en gereguleer is, sal ons mense toegang hê tot bekostigbare plaaslike boumateriaal wat hul in staat sal stel om hul eie huise te bou,” het mnr. Ngimtina gesê.

“Plaaslik vervaardigde materiaal kan ook gebruik word om institusionele geriewe te bou. Klein en medium ondernemings in die boubedryf se hulpkreet sal hierdeur aangehoor word.”
© Francoise Steynberg
Die ondersekretaris van die Ministerie van Werke en Vervoer, mnr. Andrew Mwazi, het namens die Minister van Werke en Vervoer, mnr. Erkki Ngimtina, ‘n toespraak by die konferensie gelewer.
Volgens die Minister sal die stigting van ’n beheerliggaam in die boubedryf bekostigbare geleenthede vir mense om hul eie huise te bou, asook volhoubare gehalte behuising verseker. Die NHBRC se mandaat is om behuisingsverbruikers te beskerm deur die gehalte van standaarde in die huisboubedryf te vestig, toe te pas en te reguleer.

’n Waarborgfonds moet ook gevestig word om hulp aan huiseienaars te verleen waar konstruksiemaatskappy in gebreke bly om hul verpligtinge na te kom. Kapasiteit tussen boumaatskappye en huiseienaars moet gebou word met die klem op histories benadeelde gemeenskappe.

Die NHBRC help ook boumaatskappye met opleiding in die bedryf en inspekteer huise om bevredigende tegniese standaarde te handhaaf.

Die NHBRC bestaan uit verskeie komitees vir onder meer advies oor finansiering, registrasie, oudit en risikobestuur, tegniese aspekte en eise, dissiplinêre verhore, menslike kapitaal en salarisse, raad oor die boubedryf en ’n tenderkomitee.