3.07.2009 BoN vra uitkoms vir huiseienaars
DIE lang tussenpose vandat die Bank of Namibia (BoN) ’n verlaging in die repo- en verbandleningkoers aankondig, totdat handelsbanke dieselfde pad volg, is grootliks toe te skryf aan ’n kompeterende atmosfeer tussen die banke.
“Dit is ’n geval van kyk wie die eerste aankondiging gaan maak en hoeveel hy verlaag,” het mnr. Paul Hartmann, adjunkpresident van die BoN, dié week by die bekendmaking van die bank se kwartaallikse verslag gesê.
Hy het erken dat die BoN bekommerd is omdat die banke grootliks net die repokoers verlaag, maar amper niks aan die verbandlenings verander nie. Dit bied baie min verligting aan huiseienaars, veral in die moeilike ekonomiese toestande wat tans heers.
BoN gaan ondersoek na die situasie instel om agter die kap van die byl te kom en ’n verduideliking vir die banke se motief te kry.
“Ons is effens bekommerd oor die saak en gaan dit gewis ondersoek,” het mnr. Hartmann benadruk
|