
Die Gospel Outreach Church in Hochland Park het Sondagmiddag ‘n biduur vir vrede gehou, waar gemeentelede van verskeie kerke regoor Windhoek bymekaar gekom het om vir vrede tydens die nasionale en presidentsverkiesing te bid. Die geleentheid en weeklikse bidure wat gedurende die maand sal volg, is die besluit wat op ‘n vergadering geneem is wat deur kerkleiers van verskeie denominasies op 31 Maart vanjaar gehou is. Die weeklikse biduur vir vrede sal Woensdae gedurende etenstye by die NG-kerk (Moedergemeente) gehou word.