23.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


23 Mei 2012

30 Bruidspare gekies


Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

19.03.2010

Bevorder welvaart van die Nasie

Die Grondwet: Artikel 95 - Bevordering van die welvaart van die nasie

© Republikein
Die Staat moet die welvaart van die mense aktief bevorder en handhaaf deur onder andere beleidsrigtings te aanvaar wat gemik is op die volgende:

(a) afkondiging van wetgewing om gelyke geleenthede vir vroue te verseker, om hulle in staat te stel om ten volle op alle gebiede van die Namibiese samelewing deel te neem. In die besonder moet die Regering die implementering van die beginsel van nie-diskriminering in die besoldiging van mans en vroue verseker, voorts moet die Regering poog om deur gepaste wetgewing kraam- en verwante voordele vir vroue te voorsien;

(b) afkondiging van wetgewing ter versekering daarvan dat die gesondheid en krag van die werkers, mans en vroue, en die teer ouderdom van kinders nie misbruik word nie en dat burgers nie op grond van ekonomiese noodsaak gedwing word om beroepe te beoefen wat ongeskik is vir hul ouderdom of krag nie;

(c) aktiewe aanmoediging van die vorming van onafhanklike vakbonde om die regte en belange van werkers te beskerm en om gesonde arbeidsverhoudinge en regverdige indiensnemingspraktyke te bevorder;

(d) lidmaatskap van die Internasionale Arbeidsorganisasie (ILO) en, waar moontlik, nakoming van en handeling in ooreenstemming met die internasionale konvensies en aanbevelings van die ILO;

(e) versekering dat elke burger die reg tot regverdige en redelike toegang tot openbare fasiliteite en dienste ooreenkomstig die wet het;

(f) versekering dat senior burgers geregtig is op, en ’n gereelde pensioen ontvang, wat voldoende is vir die handhawing van ’n aanvaarbare lewenstandaard en die genot van sosiale en kulturele geleenthede;

(g) afkondiging van wetgewing om te verseker dat werkloses, onbevoegdes, behoeftiges en die benadeeldes sodanige sosiale voordele en geriewe gebied word as wat deur die Parlement bepaal word synde billik en bekostigbaar te wees met behoorlike inagneming van die hulpbronne van die staat;

(h) ’n regstelsel wat poog om geregtigheid te bevorder op die grondslag van gelyke geleenthede deur gratis regshulp te voorsien in bepaalde sake met behoorlike inagneming van die hulpbronne van die staat;

(i) die versekering dat werkers ’n menswaardige loon betaal word wat toereikend is vir die handhawing van ’n aanvaarbare lewenstandaard en die genot van sosiale en kulturele geleenthede;

(j) deurlopende beplanning om die voedingspeil en lewenstandaard van die Namibiese volk te verhoog en op ’n aanvaarbare peil te handhaaf en om openbare gesondheid te verbeter;

(k) aanmoediging van die grootste gedeelte van die bevolking deur middel van opvoeding en ander aktiwiteite en hul organisasies om regeringsbeleid te beïnvloed deur sy besluite te bespreek;

(l) die instandhouding van ekosisteme, noodsaaklike ekologiese prosesse en biologiese diversiteit van Namibië en benutting van lewende natuurlike hulpbronne op ’n volhoubare basis tot voordeel van alle Namibiërs, sowel nou as in die toekoms. Veral moet die Regering voorsiening maak vir maatreëls teen die storting of herbenutting van buitelandse kern- en giftige afval op Namibiese grondgebied.