Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


3 Februarie 2012

Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

06.12.11

Polisieman, boer vertel van ongeluk

05.12.11

Vakansiepad open sy tol

05.12.11

Geen borg vir Susanne Hoff

09.12.11

Vir braaivleisvuur, is permit die kuur

07.12.11

Omkopery op lughawe

8.07.2009

Belskale kry balans

• Interkonneksietariewe byna halveer
• Net 30c tussen netwerke teen 2011
• Waghond sit arendsoog op bedryf

SPLINTERNUWE, eenvormige interkonneksietariewe tussen Namibië se drie diensverskaffers in die telekommunikasiebedryf beteken in beginsel dat bellers binnekort tasbaar kan bespaar op elke enkele telefoonoproep.

Die Minister van Inligting en Kommunikasietegnologie, mnr. Joël Kaapanda, het reeds die na-week hierdie belrevolusie teenoor Republikein bevestig. Gister het die Namibiese Kom-munikasiekommissie (NCC) for-meel aangekondig dat skakel-tariewe vir stemoproepe tussen Telecom, MTC en Cell One vanaf 1 Julie reeds vanaf die huidige hoog-ste tarief van N$1,06 na net 60 sent geval het.

Dieselfde perk geld vir selfoon- en landlynoproepe. In Januarie 2010, wanneer aansluitingstariewe na 50c sal val, kom verdere verligting. En dit is nie die einde nie. Op 1 Julie aanstaande jaar sal hierdie “groothandelpryse” wat diensverskaffers aan mekaar betaal vir oproepe na mededingers se netwerke, nog verder afskuif na 40c en vanaf 1 Januarie 2011 na net 30c.

Presies dieselfde skakel-tariewe en afwaartse aanpassings (internasionale heffings uitgesluit) geld ook vir internasionale oproepe na en van die land. Die tariewe sal per sekond be-reken word. Die Minister het gesê hy weet ’n gebrom oor hierdie ingryping kom steeds in sekere oorde voor.

Klaers, volgens mnr. Kaapanda, is egter op “onnodige” hoë winsgren-se ingestel. ’n Gelyker speelveld wat groot krommighede moet help regtrek, sal eenvoudig onvermydelik vir almal geld, het die Minister benadruk. Mnr. Kaapanda moes laat verlede jaar persoonlik in belmaatskappye se vuurwarm bekstryd oor aansluitingstariewe ingryp om orde en ordentlikheid te herstel.

Die uiteinde was ’n diplomatiese bladskud op die noodsaak vir ’n nuwe bedeling – wat inkomste gelyker sal versprei en werklike kompetisie sal verseker. Hierdie revolusie in ’n bedryf waarin miljoene der miljoene dollar op die spel is, is egter nie sonder slag of stoot gelewer nie.

Toe Republikein laat verlede week die spoor na gerugte van ’n skikking begin sny het, het ’n bron in die binnekamers van MTC die voorgestelde nuwe tariewe steeds ronduit as “onrealisties” bestempel. Volgens Research ICT Africa se onafhanklike ondersoek na inter-konneksietariewe in die land het MTC, hoewel ook Cell One vir selfs groter ingryping gevra het, die hard-ste teen hervorming wal gegooi.

As dit van navorsers soos dr. Christoph Stork afgehang het, sou die 30c-kerf reeds vanaf 1 Julie in werking getree het. Die werklike koste van skakeling tussen net-werke, luidens die verslag, beloop tussen 12 en 35c. “MTC het nie ingestem tot enige van die voorgestelde modelle nie,” sê die verslag, “en het (’n versoek) van die hand gewys om kostedata te voorsien” wat ’n meer presiese skat-ting van hul koste om oproepe van ander netwerke te dra, sou toelaat.

Luidens die NCC se nuusvry-stelling sal die nuwe tariewe “eko-nomiese distorsies” help verwyder en “verskanste ongelykhede in verkeer” aanspreek. Die verslag wys net hoe skeef Namibië se belmark minstens teen 2008 was. MTC het byvoorbeeld reeds net meer as een miljoen bellers gehad teenoor Cell One se effens oor die 100 000 en Telecom-Switch se raps meer as 30 000.

MTC het ook die leeueaandeel van oproepvolume gehad (meer as 775 miljoen minute) teenoor Tele-com (steeds oor die 500 miljoen) en Cell One se druppel aan die emmer – gemeet in tienduisende. Hierbenewens het MTC se winsmarge op 28 persent gestaan tee-noor Telecom se agt persent. Die verslag se slotsom was dat MTC sy markdominansie saam met hoë tariewe gebruik om wan-balanse in verkeer te veroorsaak, wat Cell One en Switch verhoed om bevredigend te groei.

Volgens MTC en Cell One se lisensies en die nuwe konsepwet oor kommu-nikasie, tans in die parlement, moet aansluitingstariewe egter op werklike koste gebaseer wees. Mnr. Frans Ndoroma, besturen-de direkteur van Telecom, se reak-sie was kort en kragtig: “Natuurlik is ons baie gelukkig.” Mnr. Stanley Similo, Cell One se reguleringsbeampte, het verse-ker dat hulle as wetsgehoorsame korporatiewe burger die nuwe reëls sal eerbiedig.

Volgens hom is Cell One egter nog besig met ’n omvattende ondersoek na die implikasies. Voor dit kan hulle nie meer sê nie. MTC se skakelman, mnr. Al-bertus Aochamub, het erken dat hulle ’n enorme afname in hul inkomste in die gesig staar, maar benadruk dat almal meer as geluk-kig is om tariewe te sny.

MTC, het hy beklemtoon, verwelkom groter gelykheid en was nog nooit bang vir kompetisie nie. Deel van die kompromie agter die nuwe bedeling was egter vol-gens hom dat MTC dalk reeds voor die nuwe wet in werking tree, sy eie poort vir internasionale stem- en dataverkeer sal kan oprig, waar-mee dit veel goedkoper dienste na die buiteland sal kan aanbied.

Volgens die NCC se nuusvrystel-ling is hierdie kwessies, soos Cell One se bykomende versoeke, egter nog onder oorweging. Volgens mnr. David Imbili, voorsitter van die Kommunika-siekommissie, kan niemand altyd gelukkig met alles in die lewe wees nie.

“Dit was ’n kwessie van gee en neem, en uiteindelik sal almal maar by die nuwe reëls moet in-val,” luidens hom. Behalwe dat maatskappye tus-sen mekaar selfs laer aansluitingstariewe kan beding, het die NCC benadruk dat ’n diensverskaffer formeel kan aansoek doen vir ’n hersiening van tariewe.

Skale vir interkonneksietariewe sal elke twee jaar hersien word. Die NCC het as waghond benadruk dat hy voortaan die belmark soos ’n valk gaan dophou. As laer interkonneksietariewe nie die verlangde verligting en groei bring nie, kan hulle ook verkoopspryse inperk.