23.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


23 Mei 2012

30 Bruidspare gekies


Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

30.09.2009

Beleidsdokument van Monitor Aksiegroep vir die 2009-verkiesing


Skrap die ongedefinieerde begrip “sekulêr” uit die Grondwet.

’n Sekulêre en neutrale staatsfilosofie en opvoedingsprogram is primêr verantwoordelik vir die gebrek aan dissipline en die ineenstorting van die moraal van Namibië se bevolking.

Moenie ons kinders verwar met ’n ander opvoeding in staatskole as in hulle ouerhuise nie.

Bring dissipline, erkenning van gesag en ’n beskaafde pak slae terug in die ouerhuise, skole, howe en tradisionele owerhede. Vervang die Nasionale Raad met ’n huis van tradisionele leiers.

Erken die religieuse oortuiging van die meerderheid, met die wettige verskansing van die regte van minderheidsgodsdienste.

Erken die verskeidenheid van volkere en/of bevolkingsgroepe (gemeenskappe), hul interafhanklikheid, hul reg tot selfbeskikking en medeseggenskap in algemene sowel as eie sake, dit wil sê, eenheid in verskeidenheid. Handhaaf die nodige balans tussen regte en verantwoordelikhede van beide die individu en die groep.

Vertolk die “reg om te lewe” tot so ’n mate dat dieselfde maatstaf vir beide die slagoffer en sy moordenaar geld. Bring die doodstraf, opgelê deur ’n bevoegde hof, terug.

Skep gelyke geleenthede vir alle Namibiërs op grond van meriete, kundigheid en ervaring. Waak teen die kunsmatige skepping van ’n bevoorregte elite, wit, swart of bruin.

Kry ’n duidelike definisie in die Grondwet vir die begrippe gelyke geleenthede en vrye assosiasie en raak ontslae van kwotas op grond van ras, etnisiteit of geslag.

Danksy Monitor Aksiegroep se ywer in bogenoemde verband in die afgelope 20 jaar, het ons al ver gevorder. Help ons asseblief om die knoop verder deur te haak.