23.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


23 Mei 2012

30 Bruidspare gekies


Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

5.11.2009

Behandel almal dieselfde, sê DTA

DIT is hoog tyd dat die Swapo-regering alle sake waar belastingbetalersgeld roekeloos of deur bedrog verkwis is, ondersoek en die skuldiges aan die kaak stel.

Dit is die eis van die DTA van Namibië. Mnr. Johan de Waal van die DTA het die week op ’n nuuskonferensie inWindhoek gesê die ondersoeke kan begin by die !Uri !Khubis-slagplaas, die koop van ’n Nando’s verkoopreg en die uitbetaling van N$2.7 miljoen aan mnr. Gus Katiti wat as hoof uitvoerende beampte van die Walvisbaai munisipaliteit bedank het.

“Die bedrae wat by die eerste twee sake betrokke is, sal (mnr.) Paulus Kapia se bedrag na ’n onbenulligheid laat lyk.

“Die DTA van Namibië het kennis geneem van die saak wat vroeër vanjaar in die Hoërhof ingedien is waarin mnr. Kapia, een van die 72 kandidate op die Swapopartylys en drie ander direkteure van Sesura Pharma, aangekla is dat hulle sake van Sesura roekeloos bedryf het met die doel om die Regering te bedrieg. Die Regering dagvaar die direkteure vir die bedrag van N$2.6 miljoen.

“Al ken die DTA nie al die fynere besonderhede van hierdie saak nie, ondersteun ons die Regering se optrede en behoort die vier direkteure indien hulle skuldig bevind word in ’n hof, die volle bedrag terug te betaal.

“Die DTA van Namibië vind dit egter vreemd dat dit die enigste saak is wat tans in die hof is. Ons kry amper die indruk dat mnr. Kapia weer eens as sondebok gebruik sal word om te bewys dat die Swapo-regering inderdaad ernstig is in die stryd teen korrupsie.

“Die Swapo-regering kan egter net sommige van die mense sommige van die tyd om die bos lei. Ons weet almal dat daar soortgelyke sake is en die vraag ontstaan hoekom hulle altyd op die arme mnr. Kapia pik,” het mnr. De Waal gesê.

Hy het die hoof uitvoerende beampte van die Namibiese Kamer van Handel en Nyerheid, mnr. Tarah Shaanika, aangehaal wat wil sien dat individue en instansies wat geld vir swart ekonomiese bemagtiging misbruik het, ondersoek moet word.

Hy het ook gesê die meeste mense is net agter vinnige geld aan en stel nie belang in langtermyn sakeondernemings nie. Hulle koop persoonlike bates soos groot huise en luukse, duur motors ten koste van hul sakeondernemings.

Mnr. De Waal het versoek dat die Regering alle mense op dieselfde wyse behandel en dieselfde teenoor hulle optree.