23.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


23 Mei 2012

30 Bruidspare gekies


Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

27.08.2010

Basta, sê bouwerkers


Chinese werkgewers luister na beskuldigings teen hulle van mishandeling van Nambiese werkers in die boubedryf. Dit sluit in onregverdige arbeidspraktyke, lae salarisse, geen maatskaplike voorsorgfonds, geen pensioen en geen vergoeding vir beserings wat by die werk opgedoen word nie.

DIE bewering dat werkers in die boubedryf steeds deur sommige werkgewers mishandel word, is kommerwekkend en sal nie langer deur maatskaplike vennote onuitgedaag gelaat word nie.

Die Adjunkminister van Arbeid en Maatskaplike Welsyn, mnr. Alpheus Muheua, het by die konferensie van die Metal and Allied Namibian Workers’ Union (Manwu) gesê hy neem kennis van die luide protes teen die mishandeling van Namibiërs deur Chinese boumaatskappye en ander buitelanders.

Hy het gesê voortaan sal gekyk word na die vermoë van sy Ministerie om hom te beroep op strafmaatreëls teen hierdie werkgewers en dit ten volle toe te pas. Dit kan geïmplementeer word deur middel van netwerke van interregeringspogings, insluitende die uitreiking van openbare tenders, maar sal nie tot dit beperk word nie.

Die ander gebied waar sodanige pogings ook toegepas kan word, raak die uitreiking van permitte en verbandhoudende nasionale dokumente aan buitelandse beleggers.

Mnr. Muheua het beklemtoon dat die Regering geen vorm van mishandeling van Namibiërs en die skending van die land se wette sal verdra, verskoon of toelaat nie, ongeag die werkgewer se nasionaliteit. Hy het verder saamgestem dat ’n dringende behoefte bestaan om die vermoë van die Regering te verbeter om gereelde inspeksies uit te voer.

Werkers en werkgewers het met die aanvang van die konferensie hierdie week die Regering daarvan beskuldig dat hulle meer lojaliteit teenoor die Chinese boumaatskappye toon.

Die besware teen Chinese werkgewers het oor beweerde mishandeling van Namibiese werkers gehandel. Stellings soos slawelone, onregverdige arbeidspraktyke, swak lewenstoestande en bewering van aanrandings was opgewerp.

’n Beroep is op die arbeidsinspekteures van die Regering gedoen om meer sigbaar te wees. Dit is ook versoek dat die werkersunie en die Construction Industry Federation (CIF) tydens die uitreiking van die Regering se tenders geraadpleeg word.

Me. Kay-Thay Lee van die vereniging van die Chinese boubedryf het op haar beurt benadruk dat minimum lone gekoppel moet wees aan minimum produktiwiteit.

Hul werkers word gevolglik betaal volgens die vierkante meter werk wat hulle lewer. Mnr. Jacobus Shirunga het gevra of die konstruksiebedryf al die arbeidswette toepas wat die regte van werkers beskerm.

Hy het gesê werkers staar baie uitdagings in die gesig soos onregverdige arbeidspraktyke, lae salarisse, geen lidmaatskap van die maatskaplike voorsorgfonds nie, geen pensioenskema en geen vergoeding ten opsigte van beserings wat by die werk opgedoen word nie.

Hy beweer die werk wat werkers verrig, word nie erken nie. Volgens hom is die erkenning van vroue in die boubedryf iets wat nog moet gebeur en dat bemagtiging van die jeug slegs ’n droom is.

“Waarheen is Namibië op pad as die bedryf bestuur word deur ’n minderheid werkgewers aan wie tenders toegeken word en wat werkers dag en nag uitbuit?” wou mnr. Shirunga weet.

Hy het die Minister van Arbeid daaraan herinner dat die werkers die ruggraat van Namibië is en dat sonder hulle landsburgers nie ’n dak sal hê om onder te slaap nie of nie hul daaglikse sake kan bedryf nie. Die werkers moet egter in pondokke bly.

Hy het verder aangevoer dat om wins te vermeerder hoë produktiwiteit aangemoedig word terwyl die vergoeding vir sodanige produktiwiteit verminder word. Daar word selfs sover gegaan om ter wille van groter wins, sommige werkers af te dank.

“Werkloosheid is ’n noodsaaklike en ’n gepaardgaande kenmerk van winsgedrewe kapitalistiese ontwikkeling,” het hy gesê.

Hy het bygevoeg dat onder sodanige omstandighede die werkers nie meer kan werk om in hul behoeftes te voorsien nie, maar gedwing word om vir ander werkgewers te gaan werk.