Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


8 Februarie 2012

Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

06.12.11

Polisieman, boer vertel van ongeluk

05.12.11

Vakansiepad open sy tol

05.12.11

Geen borg vir Susanne Hoff

09.12.11

Vir braaivleisvuur, is permit die kuur

07.12.11

Omkopery op lughawe

8.02.2010

Arbeid in erge krisis

• 51,2% van Namibiërs werkloos
• Net 46,7% van werkendes by SSC
• Een uit 10 bly in ’n sinkhuis

© Republikein
DIT is amptelik – meer as die helfte van Namibiërs is werkloos.

In vergelyking met ’n breë, gemiddelde werkloosheidsyfer van 51,2% in 2008 se ongepubliseerde arbeidsmagopname was die syfer toe al in vyf streke, asook in die hoofstad en groot dorpe hoër as 60%.

In die Swapo-hartland van die Omusatistreek was byna agt uit elke tien mense werkloos (78,6%).

In die Ohangwena-streek was die werkloosheidsyfer 76,4%, in die Kavango 70%, in Oshikoto 68,6% en in die Caprivi 65,6%.

Ook meer as ses van elke tien jeugdiges (15 tot 34 jaar oud) was sonder brood op hul tafel. Van 20- tot 24-jariges was 67,4% werkloos, terwyl ook byna 60% van vroue nie ’n werk gehad het nie.

Hoewel die skokstatistiek al in September verlede jaar reg was vir die handtekening van die Minister van Arbeid en Maatskaplike Welsyn, mnr. Immanuel Ngatjizeko, het dit met ’n nasionale verkiesing op hande nooit die lig gesien nie.

Meer as ’n jaar ná die opname lyk die prentjie moontlik klaar veel erger.

Behalwe vir die werkloosheidsbom wys dieselfde verslag met mokersyfers presies hoe ontoereikend die land se maatskaplike voorsorgnet steeds is en hoe swak geskoold Namibië se werkende bevolking eintlik is.

Minder as die helfte van werknemers, 154 665 uit 331 444 (46,7%), was by die Maatskaplike Voorsorgkommissie (SSC) geregistreer.

In die opsig steek die privaatsektor, met minder as die helfte van sy byna 140 000 werknemers op die SSC se boeke, steeds sleg teen af die staatsdiens se registrasiekoers van bykans 90%.

Van mense wat vir private huishoudings gewerk het, het minder as twee uit elke tien (6 067 uit 38 449, of 15,8%) voorsorgdekking gehad. Die getal werknemers in die land het sedert 1997 (356 849) met 25 405 afgeneem.

Dit verteenwoordig ’n verlies van meer as 2 000 werke per jaar. In 2008 was daar bykans 350 000 werkloses in die land, waarvan meer as 70% al twee jaar of langer nie gewerk het nie. Net meer as 225 000 mense het nog nooit gewerk nie.

Van die nuwelinge in die arbeidspoel het ’n hele 65% net graad 10 op hul naam gehad, terwyl bykans ’n derde net hul laerskoolloopbaan voltooi het. Uit amper 350 000 werkloses het byna 200 000 aktief werk gesoek.

Meer as 40 persent, of amper 150 000 mense, het egter ophou soek. Net meer as die helfte het geglo daar is nêrens werk nie, terwyl twee uit tien moed verloor het.

Volgens die eng definisie van werkloosheid, wat werksoekers as ekonomies aktief beskou, was 29,4% van Namibiërs werkloos eerder as 51,2%.

Die eng syfer was in 2000 en 2004 veel laer op onderskeidelik 20,2% en 21,9%. Die skrywer van die verslag het duidelik sy bes probeer om soveel as moontlik suiker aan ’n baie bitter pil te plak.

Ondanks ’n toename van 14,5% in die breë werkloosheidsyfer, van 36,7% op na 51,2%, was die persentasie volgens die outeur maar net “relatief hoër.”

Hy benadruk ook dat darem “net” een uit elke tien huishoudings geen ander inkomste as ’n pensioen het nie.

In landelike gebiede het meer as ses uit elke tien (63,2%) van begunstigdes se pensioen of toelaag hul nooit bereik nie, en in die stad en dorp bykans vier uit tien (36,8%).

Sewe uit elke tien huishoudings het absoluut geen sekondêre inkomste gehad om op terug te val nie. Wat opvoeding betref, het bykans ’n derde van werknemers (31,8%) net graad 10 gehad.

Amper een uit elke tien (30 803 uit 331 444) het geen opvoeding gehad nie, terwyl twee uit tien (22,2%) net hul laerskoolloopbaan voltooi het en 22,5% hul hoërskoolloopbaan.

Volgens behuisingstatistieke woon gemiddeld meer as een van elke tien Namibiërs in ’n blikkieshuis.

In die stad en dorpe is die syfer so hoog soos 27,5%.

In sewe streke woon ’n kwart of meer mense in plakkershutte: Erongo 29,2%, Hardap 30,8%, Karas 31,4%, Khomas 27,9%, Kunene 30,1%, Omaheke 27,3% en Otjozondjupa 25,4%.