23.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


23 Mei 2012

30 Bruidspare gekies


Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

13.08.2009

APP stel sy saak in manifes


’n UITDAGING is aan alle leiers van politieke partye gerig om tot ’n openbare debat toe te tree oor die kwessies wat Namibië raak en maniere hoe om dit op te los.

Hierbenewens word die Staatshoof uitgedaag tot ’n openbare debat met ander leiers van politieke partye sodat dit regstreeks op die kanale van die Namibiese Uitsaaikorporasie (NBC) uitgesaai kan word.

Dié uitdagings kom van die president van die All People’s Party (APP), mnr. Ignatius Shixwameni (foto) wat die afgelope naweek op Tsumeb sy party se politieke program en verkiesingsmanifes bekendgestel het.

Volgens mnr. Shixwameni is dit noodsaaklik ten einde stemgeregtigde Namibiërs in staat te stel om ’n ingeligte keuse te maak wanneer die verkiesings aanbreek.

Hy het ’n beroep op alle Namibiërs gedoen om as kiesers te registreer sodat hulle in staat kan wees om hul stemme uit te bring. Mnr. Shixwameni het ook uit sy pad gegaan om die opvatting dat die APP ’n politieke party net vir mense van Kavango is, uit die weg te ruim.

“Ek beklemtoon dat die APP ’n model van ’n moderne en progressiewe party vir alle Namibiërs is wat tot fundamentele transformasie van ons samelewing op sowel politieke as ekonomiese vlak verbind is.

Die bywoning van die Heikom-mense, Oshiwambo, Damara/Nama, Herero en Rukavango-sprekende mense en ook mense van Caprivi, met die leier van die afvaardiging, niemand anders as ons adjunksekretaris generaal, is ’n kristalhelder aanduiding dat die party ons nasionale diversiteit omarm.

“Ek nooi alle Namibiërs van alle vlakke van die samelewing, alle kleure en alle etniese groepe om by die APP as die party van keuse aan te sluit en in die Novemberverkiesing vir die APP te stem, sodat ons saam die rigting van hierdie land kan verander,” het mnr. Shixwameni gesê.

Hy het bygevoeg dat die APP waarlik staan vir fundamentele politieke verandering en werklike sosioëkonomiese verandering.

Die party sal hom voorts beywer om teen armoede, dakloosheid en werkloosheid te veg en te verseker dat welvaart op ’n regverdige en gelyke wyse herverdeel word; dat alle Namibiërs gelyk is voor die reg; dat geen tweede en derdeklas burgers in die land bestaan nie, dat korrupsie met wortel en tak uitgeroei word en dat diegene wat die staat se koffers plunder, vir ewig agter tralies is.

Die party sal hom ook beywer vir gelyke gratis onderwys.

Die APP steun ook die instelling van ’n basiese inkomstetoelaag vir arm huishoudings waarvoor die staat jaarliks N$3 miljard moet bewillig. Dit sal volgens mnr. Shixwameni 100 000 arm huishoudings help en 500 000 individue tot voordeel strek.

Plakkerskampe sal iets van die verlede wees as die APP sy sin kry en ’n geïntegreerde nasionale behuisingprogram met die hulp van die private sektor, die staatsdiens, individuele huishoudings en nie-regeringsinstansies daarstel.

Die jeug sal bemagtig word deur nie minder nie as N$250 000 000 aan sodanige projekte te bestee en seker te maak dat alle sportkodes en sportmanne en vroue sodanig gefinansier word sodat hulle op internasionale vlak kan meeding en professionele status verkry.

Die APP sal voorts seker maak dat alle mynbou, vissery en finansiële maatskappye in Namibië ten minste 40 persent van hul aandeelhouding aan ware werkerstrusts moet oordra en nie aan sogenaamde werkers/base/vakbondorganisasies wat net daarop uit is om hulself te verryk nie.

Die APP is voorts daartoe verbind om alle kontrakte, mynkonsessies en -regte en vislisensies wat sedert onafhanklikwording toegeken is, te hersien en seker te maak dat geen korrupsie daarby betrokke was nie.

Die party is ook daartoe verbind om streng op te tree teen korrupsie en binne drie maande alle verslae van presidensiële, regsof finansiële kommissies van ondersoek openbaar te maak en die aanbevelings in werking te stel.

Die wyse waarop die APP sy voorgestelde besteding wil finansier, is om onmiddellik die buitensporige salarisse en byvoordele van hoof uitvoerende beamptes en ander bestuurders van ondernemings in staatsbesit onder die loep te neem.

Hierbenewens ondersteun die APP ’n onpartydige, professionele staatsdiens waar alle Namibiërs, ongeag hul politieke oortuigings, poste kan beklee.