23.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


23 Mei 2012

30 Bruidspare gekies


Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

15.10.2009

APP-kandidate kies werk bo politiek


TWEE parlementêre kandidate van die All Peoples’ Party (APP) in diens van TransNamib het hulself uit die politieke wedloop in aantog na die Novemberverkiesings onttrek op grond van regsadvies dat dit wyser sal wees om hul werk te behou.

Volgens mnr. Ignatius Shixwameni behou die party egter die reg voor om ’n grondwetlike toetssaak op tou te sit oor interne beleid by die nasionale karweier, wat die blote aanvaarding van nominasie tot ’n politieke amp as ’n bedanking beskou.

TransNamib het vandeesweek benadruk dat die beleid streng en eenvormig toegepas sal word. “Die prosedure staan vir almal,” het die segsdame vir die nasionale karweier, me. Ailly Hangula-Paulino, beklemtoon.

Buiten vir voormalige bestuurslid Mike Kavekotora, nommer 16 op die Rally for Democracy and Progress (RDP) se partylys, wat regstappe oor die beleid oorweeg, het die APP volgens mnr. Shixwameni ook met hul prokureurs gesels nadat twee werknemers van die karweier op Grootfontein, mnre. Emmanuel Sitarara en Winnibald Kamwanga (onderskeidelik 25ste en 52ste op die APP se lys), ingelig is dat hul brood en botter in die weegskaal is.

Hy sê die twee is voor ’n eenvoudige keuse gestel: bedank, of onttrek van die verkiesing.

Teen laat Maandag, die sperdatum, het beide lede van die APP egter volgens me. Hangula-Paulino aan TransNamib geskryf dat hulle op hul poste gaan bly en nie oorweeg om verlof te neem om aan verkiesingsveldtogte deel te neem nie.

“Hofsake kan in die land eeue neem om te finaliseer,” het mnr. Shixwameni die regsadvies aan die APP verduidelik. “Die voorstel was dat ons eerder ’n kompromie aangaan. Vir nou onttrek ons hulle dus, maar ons gaan dit nie daar laat nie.”

Mnr. Ignatius Shixwameni
Volgens mnr. Sitarara, ’n stoorman, het hy nog nooit in sy 16 jaar in diens van TransNamib van die beleid gehoor wat sy nominasie as ’n bedanking beskou nie. “Die storie is ek sal nie verlof vat nie, maar ek sal nog by APP bly en kyk wat maak ons vorentoe,” het hy telefonies uit Grootfontein aan Republikein verduidelik.

Volgens mnr. Kamwanga, ’n algemene werker wat opleiding as masjinis ontvang, het hy wel ’n geskrewe versoek tot die APP gerig om hom van hul partylys te haal. Hy wou nie sê wat sy persoonlike gevoel lê nie.

“Dit (die beleid) is onderteken en goedgekeur,” is al wat hy wou rep.

Die APP beskou TransNamib se beleid egter as totaal onredelik. “Demokrasie behels nie net die reg om te stem nie, maar ook om te staan vir ’n politieke amp,” het mnr. Shixwameni benadruk.

Aangesien die Verkiesingskommissie (ECN) volgens hom in elk geval ’n “tandelose hond” is, het hy nie veel hoop dat ’n eenvormige beleid deur die forum beding kan word nie.

In die staatsdiens kan ’n kandidaat betaalde (indien hy of sy nog verlofkrediet het) of onbetaalde politieke verlof neem en tree bedanking eers outomaties in werking met so ’n persoon se verkiesing.

Die volgende twee kandidate met die meeste stemme op die APP se lys van 135 kandidate sal volgens mnr. Shixwameni bloot die twee vakante posisies onderaan die partylys inneem.