23.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


23 Mei 2012

30 Bruidspare gekies


Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

19.03.2010

Apartheid en regstellende aksie

Die Grondwet: Artikel 23 - Apartheid en Regstellende Aksie

© Republikein
1. Die praktyk van rassediskriminasie en die praktyk en ideologie van apartheid waaronder die meerderheid mense van Namibië so lank gely het, word verbied, en kragtens wet van die Parlement moet sodanige praktyke en die bevordering van sodanige praktyke krimineel strafbaar gemaak word deur die gewone howe by wyse van sodanige straf as wat die Parlement nodig ag metdie doel om die afkeer van die Namibiese bevolking van sodanige praktyke uit te druk.

2. Geen bepaling van Artikel 10 hiervan moet die Parlement daarvan weerhou nie om wetgewing te verorden wat direk of indirek voorsiening maak vir die bevordering van persone in Namibië wat sosiaal, ekonomies of opvoedkundig benadeel was deur voormalige diskriminerende wette of praktyke, of vir die implementering van staatsbeleid en programme wat daarop gemik is om sosiale, ekonomiese en opvoedkundige wanbalanse binne die Namibiese gemeenskap wat voortspruitend uit diskriminerende wette of praktyke ontstaan het, te herstel, of om ’n gebalanseerde struktuur in die staatsdiens, die Polisiemag, die Weermag en die Gevangenisdiens te bewerkstellig.

3. In die verordening van wetgewing en die toepassing van enige staatsbeleid en praktyke wat in Subartikel (2) hiervan beoog word, moet dit geoorloof wees om in ag te neem dat vrouens in Namibie tradisioneel onder spesiale diskriminasie gely het en dat hulle aangemoedig en in staat gestel moet word om ’n volle, gelyke en effektiewe rol in die politieke, sosiale, ekonomiese en kulturele lewe van die nasie te vervul.