22.02.2012
Wolwedans onder wêreld se bestes

Die stigter van die Zeitz-stigting, mnr. Jochen Zeitz (links) en die besturende direkteur van Wolwedans, mnr. Stephan Brückner, by Wolwedans se 140 nuwe sonpanele.
NAMIBIË is weer aan die internasionale voorpunt van ekotoerisme met Wolwedans in die NamibRand Natuurreservaat wat een van tien toerisme-inrigtings in die wêreld en die enigste in Namibië is wat as ’n “Long Run Destination Global Ecosphere Retreat®” gesertifiseer is.
Die eer het Wolwedans op 17 November 2011 te beurt geval. Buiten die uitstekende prestasie is Wolwedans ook as finalis van die Tourism Tomorrow-toekenning aangewys wat in April in Tokio in Japan toegeken gaan word.
Die Long Run Destination Global Ecosphere Retreat® is ’n vlagskip- program van die Zeitz-stigting wat op volhoubare ontwikkeling fokus. Wolwedans is een van die stigterslede en dui hiermee aan dat hulle nie net verbind is tot volhoubaarheid nie, maar ook doeltreffend demonstreer dat hulpbronne volhoubaar bestuur kan word.
Wolwedans, wat deel is van die NamibRand Natuurreservaat, het Saterdag sy volhoubaarheidstrategie met die grondslag van die 4 c’s, Conservation (bewaring), Community (gemeenskap), Culture (kultuur) en Commerce (besigheid) as deel van die Zeitz-stigting se raamwerk bekendgestel. Die stigter, mnr. Jochen Zeitz, die voormalige uitvoerende hoof van Puma wat die sportuitrusting-handelsmerk tot groot ekonomiese hoogtes gelei het, was ook teenwoordig.
“Dit was nie maklik om tien Long Run-bestemmings te vind nie. Ek wou nie vir Richard Branson of ander ryk mense nader nie. Ek het onderskeid getref tussen mense wat praat en mense wat doen,” het Zeitz gesê. Hy het verwys na die stigter van die Namibrand Natuurreservaat en Wolwedans, mnr. Albi Brückner, en sy seun, mnr. Stephan Brückner, die besturende direkteur van Wolwedans.
“Om as ’n Global Ecosphere Retreat® gesertifiseer te wees, beteken dat ons leiers in volhoubare ontwikkeling bedrywig is en dat ons werk op volhoubare, meestal toerisme-gedrewe ondernemings, terwyl ons gemeenskapsontwikkeling, bewaringsondersteuning en kulturele voogdyskap bevorder,” het Zeitz gesê.
Mnr. Stephan Brückner het gesê dat Wolwedans die 4 c’s as ’n platform vir volhoubaarheid aanvaar het om hul pogings in ’n breedvoerige strategie te vorm. “Die strategie voorsien Wolwedans van ’n pertinente raamwerk om sy vordering oor volhoubaarheidsdoelwitte doeltreffend te bestuur en te monitor,” het Brückner gesê.
“NamibRand is in 1992 deur my pa gestig met sy visie om grond wat deur lewendehawe vernietig is, aan die natuur terug te gee. Daar was toe geen toerisme nie en dit was ’n filantropiese belegging. Niemand wou ’n stuk woestyn koop nie, maar hy het dit vir bewaring gedoen,” het Brückner vertel.
“Ons etos was nog altyd om terug te gee. Wolwedans het sedert 1995 met sowat 9 000 besoekers per jaar en ander projekte N$10 miljoen tot NamibRand bygedra.”
Die etos van Wolwedans is om ’n voorbeeld vir verantwoordelike toerisme te wees, sy werknemers te bemagtig, asook hul verbintenis tot die NamibRand Natuurreservaat, wat ’n oppervlak van 172 000 hektaar langs die Namib Naukluftpark beslaan, te versterk.
Die ander toeristebestemmings wat as Global Ecosphere Retreats® gesertifiseer is, is in Costa Rica, Brasilië, Nieu-Seeland, Indonesië, Tanzanië, Kenia en Swede.
NAMIBIË is weer aan die internasionale voorpunt van ekotoerisme met Wolwedans in die NamibRand Natuurreservaat wat een van tien toerisme-inrigtings in die wêreld en die enigste in Namibië is wat as ’n “Long Run Destination Global Ecosphere Retreat®” gesertifiseer is. Die eer het Wolwedans op 17 November 2011 te beurt geval. Buiten die uitstekende prestasie is Wolwedans ook as finalis van die Tourism Tomorrow-toekenning aangewys wat in April in Tokio in Japan toegeken gaan word.
Die Long Run Destination Global Ecosphere Retreat® is ’n vlagskip- program van die Zeitz-stigting wat op volhoubare ontwikkeling fokus. Wolwedans is een van die stigterslede en dui hiermee aan dat hulle nie net verbind is tot volhoubaarheid nie, maar ook doeltreffend demonstreer dat hulpbronne volhoubaar bestuur kan word. Wolwedans, wat deel is van die NamibRand Natuurreservaat, het Saterdag sy volhoubaarheidstrategie met die grondslag van die 4 c’s, Conservation (bewaring), Community (gemeenskap), Culture (kultuur) en Commerce (besigheid) as deel van die Zeitz-stigting se raamwerk bekendgestel. Die stigter, mnr. Jochen Zeitz, die voormalige uitvoerende hoof van Puma wat die sportuitrusting-handelsmerk tot groot ekonomiese hoogtes gelei het, was ook teenwoordig.
“Dit was nie maklik om tien Long Run-bestemmings te vind nie. Ek wou nie vir Richard Branson of ander ryk mense nader nie. Ek het onderskeid getref tussen mense wat praat en mense wat doen,” het Zeitz gesê. Hy het verwys na die stigter van die Namibrand Natuurreservaat en Wolwedans, mnr. Albi Brückner, en sy seun, mnr. Stephan Brückner, die besturende direkteur van Wolwedans. “Om as ’n Global Ecosphere Retreat® gesertifiseer te wees, beteken dat ons leiers in volhoubare ontwikkeling bedrywig is en dat ons werk op volhoubare, meestal toerisme-gedrewe ondernemings, terwyl ons gemeenskapsontwikkeling, bewaringsondersteuning en kulturele voogdyskap bevorder,” het Zeitz gesê. Mnr. Stephan Brückner het gesê dat Wolwedans die 4 c’s as ’n platform vir volhoubaarheid aanvaar het om hul pogings in ’n breedvoerige strategie te vorm.
“Die strategie voorsien Wolwedans van ’n pertinente raamwerk om sy vordering oor volhoubaarheidsdoelwitte doeltreffend te bestuur en te monitor,” het Brückner gesê. “NamibRand is in 1992 deur my pa gestig met sy visie om grond wat deur lewendehawe vernietig is, aan die natuur terug te gee. Daar was toe geen toerisme nie en dit was ’n filantropiese belegging. Niemand wou ’n stuk woestyn koop nie, maar hy het dit vir bewaring gedoen,” het Brückner vertel. “Ons etos was nog altyd om terug te gee. Wolwedans het sedert 1995 met sowat 9 000 besoekers per jaar en ander projekte N$10 miljoen tot NamibRand bygedra.”
Die etos van Wolwedans is om ’n voorbeeld vir verantwoordelike toerisme te wees, sy werknemers te bemagtig, asook hul verbintenis tot die NamibRand Natuurreservaat, wat ’n oppervlak van 172 000 hektaar langs die Namib Naukluftpark beslaan, te versterk Die ander toeristebestemmings wat as Global Ecosphere Retreats® gesertifiseer is, is in Costa Rica, Brasilië, Nieu-Seeland, Indonesië, Tanzanië, Kenia en Swede.