23.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


23 Mei 2012

30 Bruidspare gekies


Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

1.09.2010

Windhoek gaan dreun in Oktober


Nicholis Louw is een van die kunstenaars wat by die eerste Huisgenoot Hart van Windhoek-konsert optree.
MEER as 20 Suid-Afrikaanse en plaaslike sangers maak reg om in Oktober Namibiërs se voete te laat stamp, wanneer die eerste Huisgenoot Hart van Windhoek-konsert by Wanderers plaasvind. Die musiek skop Vrydag 15 Oktober om 16:00 af met optredes deur Tiro, Nu Creation, Nianell, Arno Jordaan, Stefan Ludik, Prime Circle en Snotkop.

Saterdag 16 Oktober se verrigtinge begin reeds om 11:00 met Quinton Prinsloo, Willem Botha, Jay, Andriëtte, Ray Dylan, Bok van Blerk, Nicholis Louw, Romanz, Lianie May en Heinz Winkler wat op die dagverhoog optree. Die hoofverhoog se program begin om 16:30 en sluit weer optredes van bogenoemde in, asook dit van Mango Groove, Juanita du Plessis en Kurt Darren.

Kaartjies wat vooraf gekoop word, kos N$60 vir Vrydag of N$80 by die hekke, en N$100 (vooraf) of N$120 by die hekke vir Saterdag se verrigtinge. Kinders onder 12 is gratis.

Om kaartjies vooraf by www.computicket.com te koop, tik “Hart van Windhoek” by die soekenjin in en volg die skakels. Registreer, bespreek die kaartjies en betaal. Met die verwysingsnommer wat jy daarna sal ontvang, kan jy na enige Shoprite- of Checkers-supermark gaan waar die kaartjies uitgedruk sal word.

Die ander alternatief is om die kaartjies by Money Markets in enige Shoprite-, Checkers- of leo-tak landwyd te koop. Daar sal egter ook nog kaartjies by die hekke te koop wees.

Die hoofborge van die geleentheid is Tafel Lager, FNB en KykNET. Ander vennote is Republikein, leo, Kosmos, Air Namibia, Kalahari Sands, Windhoek Country Club en die Stefan Ludik Youth Fund. Vir meer inligting, skakel 085 610 4000.