23.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


23 Mei 2012

30 Bruidspare gekies


Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

31.08.2010

Werkers protesteer oor beweerde wanpraktyke

© André le Roux
‘n Groep gegriefde werkers van Build It in Windhoek het ‘n protesaksie by die onderneming se perseel in die Noordelike Nywerheidsgebied gehou.

BEWEERDE rassisme, laat betaling van salarisse, vloekery deur hoofbestuur en verskeie ander oortredings van die Arbeidswet het Vrydag ‘n groep van ongeveer 20 werknemers van Build It genoop om ‘n vreedsame protesaksie buite die onderneming se perseel in die Noordelike Nywerheidsgebied te hou.

Die werkers beweer dat Build It slegs pensioen- en mediese voordele aan sekere van sy werknemers bied. Verder word beweer dat swart werknemers Toitna sewe maande van werk steeds nie permanente aanstellings ontvang het nie. Summiere finale waarskuwings, ontslag en salarisaftrekkings wat sonder werknemers se goedkeuring gemaak word, is van die ander griewe wat deur die werkers geopper is. Daar word verder beweer dat teen kliënte op grond van velkleur diskrimineer word.

Na onderhandelinge deur die Namibië Konstruksiewerkersunie (NBWU) het die werkers toegestem dat formele onderhandelinge eers sal plaasvind om die werkers se griewe met die bestuur van Build It te bespreek.

Geen verteenwoordiger van Build It was bereid om kommentaar te lewer nie aangesien die eienaar uitstedig was.