Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


8 Februarie 2012

Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

06.12.11

Polisieman, boer vertel van ongeluk

05.12.11

Vakansiepad open sy tol

05.12.11

Geen borg vir Susanne Hoff

09.12.11

Vir braaivleisvuur, is permit die kuur

07.12.11

Omkopery op lughawe

15.03.2010

Vuurwerke gee vonkel aan ontwikkeling

© Francoise Steynberg
DIE multimiljoen Kupferquelleoord op Tsumeb is die naweek skouspelagtig deur die President tesame met die grootste vuurwerkvertoning nog in Namibië geopen. Met die voltooiing van die Kupferquelle-oord word nuwe werkgeleenthede vir inwoners van die dorp geskep en sal die toerismesektor ook daarby baat.

Die Henning-familie van die firma Henning Crusher (Edms.) Beperk het ’n huurooreenkoms van 50 jaar met die Tsumeb munisipaliteit onderneem om die ou karavaanpark op die dorp te ontwikkel in wat dit vandag is.

Die N$60 miljoen projek sluit onder meer akkomodasie-, ontspannings- en ander geriewe soos die enigste Dros in die land in. Boonop het die oord ’n 50 meter Olimpiese standaard swembad, luukse chalets en kampeergeriewe, ’n winkel met bakkery en slaghuis en ’n Bank Windhoek OTM.

Volgens Pres. Hifikepunye Pohamba is Tsumeb ’n weg na ander streke van die land.

“Die strategiese ligging van die oord sal sonder twyfel die ontwikkeling van toerisme in Tsumeb en sy omliggende omgewing ’n hupstoot gee.”

Voorts het die burgemeester van Tsumeb, mnr. Engel Nawatîseb, gesê die belegging sal groot waarde tot die ekonomie van die dorp toevoeg.

“Met die sluiting van die myne in 2006 het die Tsumeb stadsraad en die sakegemeenskap met die diversifisering van die plaaslike ekonomie begin.”

Sedertdien is stappe geneem om die dorp heeltemal van die myne onafhanklik te maak. Mnr. Nawatîseb sê onderhandelings is met verskeie openbare en privaat ondernemings gevoer en dat nuwe ontwikkelings binnekort in Tsumeb sal plaasvind met ’n gesamentlike belegging van meer as N$30 miljoen.

Mnr. George Kuhn, wat in beheer van die vuurwerke was, het bevestig dat dit die grootste vuurwerkvertoning nóg in Namibië was en die land se eerste musikale vuurwerkskouspel in die geskiedenis.