23.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


23 Mei 2012

30 Bruidspare gekies


Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

22.02.2012

Vrou sterf in vlamme

’n VROU van Hentiesbaai, Paula Saunders, het gesterf toe ’n vlammehel ’n deel van die egpaar se huurhuis verteer het. Die inferno van die nag nadat die egpaar Sondagaand gaan slaap het, was gister steeds die onderwerp van ’n ondersoek deur die polisie.

Volgens skrapse inligting wat gister verstrek is, het Paula en haar man, ’n onderwyser van Hentiesbaai, Sondagaand in afsonderlike vertrekke in hul huurhuis gaan slaap – hy in die slaapkamer en sy in die sitkamer. Mnr. Saunders het wakker geskrik toe die sitkamer reeds in ligte laaie was. Hy kon haar blykbaar nie deur die vlammevuur bereik nie.

Alarm is gemaak en bure het hulp kom bied, maar hulle was ook magteloos teen die vuur. In daardie stadium was ’n motor reeds om veiligheidsredes uit die motorhuis verwyder.

Sowat twee weke gelede was daar ook ’n brand in ’n ander vertrek by die huurhuis. Die huis lê naby die ingang na die woonbuurt Omdel.