23.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


23 Mei 2012

30 Bruidspare gekies


Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

3.09.2010

Vragmotor trap sy pad oop

© Marianne Pretorius
Hierdie Hyundai is een van die voertuie wat deur ’n vragmotor getref is toe die vragmotor se handrem blykbaar ingegee het waar dit by Lolopark in Olympia geparkeer gestaan het. Die twee passasiers in die motor het gelukkig geen beserings opgedoen nie.

CHAOS het losgebars toe ’n vragmoter sonder enige teken van ’n bestuurder drie geparkeerde motors taamlik ernstig beskadig het na dit aan die loop geraak het.

Die ongeluk het vroeër die week in die parkeerterrein van die Lolopark-inkoopsentrum in Olympia plaasgevind. Die vermoede bestaan dat die handrem van die vragmotor onklaar was.
© Marianne Pretorius
’n Ooggetuie van die fratsongeluk, mnr. Louis Alcock, sê hy moes vinnig padgee voor die vragmotor om nie self in die slag te bly nie. Volgens hom het die vragmotor geparkeer gestaan voor dit stadig teen die helling begin afloop het. Een van die motors wat in die slag gebly het, sal blykbaar heel moontlik afgeskryf moet word.

Die bestuurder van die vragmotor, mnr. Ernst Kandonga, het na die voorval gesê dat hy die voertuig afgesluit het en die handrem opgetrek het voordat hy na die apteek toe gegaan het om hoofpynpille te koop. Toe hy mense buite hoor skree, het hy uitgegaan en gesien hoe die vragmotor uiteindelik teen ’n swart Hyundai tot stilstand kom.

Die bestuurder van die motor en sy passasier het pas stilgehou toe die vragmotor dit getref het. Mnr. Kandong werk reeds meer as ’n jaar by Otjongoro Carriers, die maatskappy aan wie die vragmotor behoort.

Me. Aletta Kanandjebo, die passasier in die Hyundai, sê dat sy ’n geraas gehoor het net voordat sy die vreeslike slag beleef het. Niemand is beseer nie.

Me. Susanna Kemp, ’n pensioenaris, het ook inkopies kom doen en sy het skaars uit haar voertuig geklim toe die Hyundai haar Jetta bo-oor die randsteen gedruk het. Haar kleinniggie was in die motor, maar het geen beserings opgedoen nie.
© Marianne Pretorius