23.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


23 Mei 2012

30 Bruidspare gekies


Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

2.03.2010

Vlak van drie riviere styg

© Awie Kruger
Awie Kruger het die belowende reënwolke wat neerslae gebring het tussen Karibib en Okahandja afgeneem.

DIE Zambezi-rivier het gister die vyfmetervlak by Katima Mulilo bereik, volgens die daaglikse rivierverslag.

’n Styging van elf sentimeter het binne ’n dag geskied nadat die vlak van 4,92 meter Sondag tot 5,03 meter gister gestyg het. Die syfer is laer as verlede jaar hierdie tyd toe die riviervlak op 5,17 meter gestaan het. Die normale vlak van die Zambezirivier by Katima Mulilo vir Maartmaand is 2,81 meter.

Nog twee riviere het effens gestyg – die Oranje-rivier by Vioolsdrift en die Cuvelai-rivier by Okatana met net drie sentimeter elk.

Ligte reën het in die Cuvelai-gebied voorgekom met die hoogste syfer van 3,4 mm wat by Ulupumbu aangeteken is. By Tsandi het net 1,6 mm gereën. Volgens die rivierverslag is watervlakke in die Cuvelai oshanas taamlik stabiel.

Reënneerslae het teen gistermiddag landwyd voorgekom met reënbuie vanaf Rundu tot by Oranjemund. Volgens die webtuiste Namibia Weather Network is die hoogste reënvalsyfer van 23,5 mm gister by die weerstasie by Hartbeestteich-Suid naby Hochfeld aangeteken met die tweede hoogste syfer van 21,5 mm by die Regenstein-weerstasie naby Windhoek. Op Oranjemund is gister 5 mm gemeet en by die Anib-weerstasie in die Kalahari 3,6 mm.

Terwyl die reën in die binneland lafenis gebring het, word die kusinwoners met hitte verswelg en probeer hulle in die branders afkoel.

Vir die kus word steeds warm weer vir vandag voorspel met miskolle in die oggend. Vir die binneland is die voorspelling gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm met geïsoleerde tot verspreide buie en donderbuie, behalwe in die verre weste. Die wind sal noordwes tot suidwes waai, maar suid in die suide. Ses damme het die afgelope week ’n geringe invloei gehad, naamlik die Omatako-, Friedenau-, Daan Viljoen-, Naute-, Olushandja- en Bondelsdam.

Al die damme is leër as die vorige seisoen, behalwe die Tilda Viljoendam wat nou op 64,7% staan teenoor verlede seisoen se 55,9% en die Otjivero-slikdam se stand van 12,7% teenoor verlede seisoen se 10,2%.

Die stand van damme is, met verlede jaar se stand in hakies: Swakoppoortdam 89,9% (100%), Von Bachdam 75,3% (101,2%), Omatakodam 26,1% (50,6%), Friedenaudam 66,1% (78,4%), Goreangabdam 100% (101,8%), Otjivero-hoofdam 59,6% (87,2%), Otjivero-slikdam 12,7% (10,2%), Tilda Viljoendam 64,7% (55,9%), Daan Viljoendam 4,4% (76,5%), Hardapdam 66,7% (71,9%), Nautedam 97,3% (102,8%), Oanobdam 78,3% (101,3%), Dreihukdam 2,3% (5,1%), Bondelsdam 0,8% (20,7%), Olushandjadam 19,3% (53,6%), Omaruru Deltadam 0% (4,1%).

Die totale gemiddelde stand van damme is 61,9% teenoor verlede seisoen se 71%.