23.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


23 Mei 2012

30 Bruidspare gekies


Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

19.08.2010

Twee nog nie uitgeken

© Theo Gurirab

TWEE van die insittendes wat in die brandende wrak van ‘n minibustaxi gesterf het op die pad na Otjiwarongo, kan net deur wetenskaplike metodes uitgeken word.

Die polisie het die name van vyf van die sewe oorledenes wat in die gru-ongeluk tussen die minibus en ‘n swaar vragmotor naby Sukses gesterf het, bekend gemaak, maar die familie van twee ander kon nie die lyke van hul naasbestaandes positief uitken nie.

Volgens hoofinspekteur Moses Khairabeb is die oorskot van die twee insittendes te erg verbrand en is identifikasie uiters moeilik. Om die twee ander oorledenes uit te ken, moes die Forensiese Instituut van Namibië DNA-monsters van die lyke en die familielede neem sodat ‘n positiewe identifikasie gemaak kan word.

Die Forensiese Instituut het ook die week begin om verbrande bene te ontleed om te bepaal hoeveel ander mense tydens die ongeluk gesterf het.

Die polisie het die gebeentes onder die oorblyfsels van sitplekke in die voertuig gekry ná dit heeltemal uitgebrand het en hulle moes daarom die forensiese wetenskaplikes se hulp inroep.

Tydens die ongeluk is die bestuurder van die minibus en twee ander mense uit die wrak geslinger en kon hulle positief geïdentifiseer word. Die bestuurder was die 38-jarige Chunc-Lee Romeo.

Die 38-jarige Berta Theresa Sindano, Agnes Somses (32), Trucila Kamwango (33) en ‘n 15-jarige seun, Dylan Beukes, kon positief uitgeken word. Hul naasbestaandes is intussen van hul dood in kennis gestel.

Die polisie van Otjiwarongo is Vrydagaand omstreeks 21:00 na die ongelukstoneel ontbied waar die minibus wat op pad was na Katima Mulilo teen ‘n swaar vragmotor wat na Windhoek op pad was, vasgery het.

Die slag van die ongeluk was so erg dat die leunwa van die vragmotor van die perd losgebreek het. Die harde slag het ook veroorsaak dat die minibus aan die brand geslaan het.