TSUMEB-SKOONHEID AS MOOISTE GEKROON

Tsakana Nkandih (21) van Tsumeb is Saterdagaand by die Windhoek Buitekluboord as Mej. Namibië 2012 gekroon. Haar eerste prinses is Patricia Hanstein (23) en tweede prinses Monique Peters (22), albei van Windhoek.

Die wenner van die Public?s Choice-toekenning was Wilna Konjore, terwyl Ottilie Ambata as Mej. Fotogenies en Claudia Hapya as Mej. Persoonlikheid aangewys is. Die finaliste was geklee in semi-formele rokke en swembroeke deur Anjo?s en aanddrag deur Cobus Möller en Ian West.

Odile Gertze het as seremoniemeester opgetree en vanjaar se beoordelaars was Nic Kruger, mnr. Theo- Ben Gurirab, Happie Ntelamo, Daniel Nghidinua, Anna Ipangelwa, Marina Lamprecht en Esi Schimming- Chase. Lize Ehlers, Dice, Maszanga, MissJey, Benjex. Die Bovim Balletskool het die aanwesiges vermaak.

Kategorie: 

Facebook kommentaar