23.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


23 Mei 2012

30 Bruidspare gekies


Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

24.08.2010

Swapo-vroue waarsku teen verdeeldheid


Me. Petrina Haingura, sekretaris van Swapo se Vroueraad.
INTERNE verdeeldheid kan Swapo in November duur by die stembus te staan kom, het me. Petrina Haingura, sekretaris van die regerende party se Vroueraad, Vrydag gewaarsku. Eenheid, het sy vermaan, is vandag ewe belangrik as tydens die struggle.

“Ons moet paraat wees en nie ons ore vir kwaadstokery en skinderpraatjies uitleen nie,” het me. Haingura benadruk.

“Hierdie aanslae takel die integriteit van al ons mense en van kamerade af.”

Sy het daarna verwys dat Swapo-vroue in April op Otjiwarongo spesifiek ’n resolusie oor die bevordering van eenheid in die party aanvaar het. Volgens me. Haingura jaag Swapo opnuut ’n honderd persent oorwinning na.

“Ons sal dag en nag moet werk,” het sy beklemtoon.

Me. Haingura was aan die woord by ’n slypskool wat met die ondersteuning van die Friedrich Ebert-stigting deur kundiges van die Regshulpsentrum (LAC) aangebied is om die Vroueraad op te lei oor die inhoud van wetgewing wat met vrouesake en geslagsgelykheid verband hou.

Op die agenda was onder meer vroue se huweliks- en eiendoms‑regte, tienerswangerskappe, die wetsontwerp vir die versorging en beskerming van kinders en geslagsgeweld. ’n Minuut se stilte is gevra vir wyle Magdalena Stoffels, die meisie wat onlangs digby haar skool in Windhoek verkrag en vermoor is en alle ander slagoffers van die soort misdade.

“Mag hul siele in ewige vrede rus,” het me. Haingura gesê.

Sy het gesê dat geweld teen vroue en kinders buiten vir die menslike lyding, ook groot ekonomiese verliese veroorsaak. Hoewel Namibië goeie wetgewing en beleid vir die beskerming van vroue en kinders en die bevording van die kwesbare groepe se regte het, word dit volgens me. Haingura nie naastenby volledig toegepas nie.

Baie vroue weet volgens haar steeds glad nie wat hul regte is nie. Me. Haingura het gesê Swapo moet meer vroue op voetsoolvlak, veral in landelike gebiede, met inligting oor hul regte bemagtig.

“Ons is nie net ambassadeurs van Swapo nie, maar van alle Namibiese vroue,” het me. Mildred Jantjies benadruk.

Die Vroueraad het ’n beroep op Pres. Hifikepunye Pohamba gedoen om in die komende jaar as nuwe voorsitter van SADC hard te werk vir die volledige toepassing van die streekliggaam se geslagsprotokol en die realisering van 50/50-verteenwoordiging in alle besluitnemingsforums.