23.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


23 Mei 2012

30 Bruidspare gekies


Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

8.03.2010

Sun-nuus loop laatnag en vroegmôre soos soetkoek

© Theo Gurirab

“ELECTION results stand,” het Namibian Sun, Republikein en Allgemeine Zeitung se jonger sus¬terskoerant in die Democratic Media Holdings-stal, saam met Newsprint Namibia die uitspraak in Namibië se verkiesingsaak al Donderdagnamiddag met ’n tweede, spesiale mini-uitgawe op dieselfde dag as die weekblad se hoofoplaag uitgebulder.

Duisende eksemplare van die wa¬tertand bonuskoerant – met foto’s en nuus oor die Brave Warriors se uitslag teen Bafana Bafana – is tot laatnag binne ure deur inligting¬honger inwoners van Katutura en ander stedelinge opgeraap. “Ons wil self lees wat gebeur het,” was die boodskap uit een mond. Met steeds geen ander koerant in sig nie, het die spesiale versprei¬dingsproses vanaf 04:00 Vrydagoggend tot na sonopkoms weer volstoom gerol om soveel moontlik pendelaars te bereik. Inwoners was hoogs in hul skik met die diens.