Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


8 Februarie 2012

Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

06.12.11

Polisieman, boer vertel van ongeluk

05.12.11

Vakansiepad open sy tol

05.12.11

Geen borg vir Susanne Hoff

09.12.11

Vir braaivleisvuur, is permit die kuur

07.12.11

Omkopery op lughawe

12.03.2010

Stryders teen vigs se hand gesterk

© Fred Goeieman
Mnr. Micael Mulondo, uitvoerende direkteur van Nanaso, me. Marianna Erastus, adjunkpresident van die raad van Nanaso en mnr. Asier Segurola, hoof van die Spaanse agentskap vir internasionale ontwikkelingsamewerking.

DIE belangrike bydrae wat burgerlike organisasies in die stryd teen MIV/vigs lewer, het gelei tot ’n skenking van N$2 miljoen wat deur Spanje aan die Namibiese Netwerk van Vigsdiensorganisasies (Nanaso) gemaak is.

Die hoof van die Spaanse agentskap vir internasionale ontwikkelingsamewerking, mnr. Asier Segurola, het met die oorhandiging van die tjek aan Nanaso gesê dit is ’n tydige en gepaste bydrae met die oog op die uiters belangrike rol wat die burgerlike gemeenskap as geheel en Nanaso in besonder as ’n saambreelorganisasie binne die nasionale veldtog teen MIV/vigs speel. Hy het gesê hierdie bystand aan Nanaso sal die pogings van die Regering aanvul.

“Die nie-staatsrolspelers kan weens hul teenwoordigheid in die gemeenskap en op voetsoolvlak ’n kritieke rol speel in die hantering van die sosioëkonomiese invloed wat die siekte het,” het hy gesê.

Die burgelike organisasies onderneem verskeie belangrike take soos onder meer tuissorgprogramme, voorkomingsprogramme, en verskaf f ing van basiese ondersteuning aan wees- en kwesbare kinders (OVC’s).

Mnr. Segurola het gesê dat Namibië die onlangse jare merkbare vordering in die hantering van MIV/vigs gemaak het. ’n Belowende aanduider wat spruit uit die opname van MIV/vigsgevalle in 2008, is die feit dat die koers van infektering in die 14-19 jaar ouderdomsgroep gehalveer is.

Mnr. Segurola het gesê baie belangrike vooruitgang is ook gemaak met betrekking tot die beskikbaarheid van en toegang tot medikasie, sorg en ondersteuningsdienste vir mense wat aan die siekte ly.

Volgens hom ontvang meer as 64 000 mense wat aan vigs ly antiretrovirale behandeling en teen 2007 is die dekking van voorkoming van ma-tot-kind-oordrag op 93 persent vroue geskat. Volgens hom is ook merkbare vooruitgang met die verspreiding van kondome, MIV-toetse en berading gemaak.

Bystand aan wees- en kwesbare kinders en aan ondersteuningsgroepe wat bestaan uit mense wat aan MIV/vigs ly, het in die onlangse jare toegeneem. Hy het gesê Namibië bevind hom tussen die mees geraakte lande in die wêreld.

Na raming ly 14 persent van die bevolking aan MIV wat elke jaar tot 8 200 vigsverbandhoudende sterftes lei. Dit het in 2006 ongeveer 29% van al die sterftes in Namibië verteenwoordig.

Elke dag doen ongeveer 32 Namibiërs MIV op en die stroom het oor ’n lang tydperk daartoe gelei dat bykans 175 000 volwassenes en kinders in 2008 aan MIV/vigs ly. Ongeveer 248 000 kinders van 18 jaar of jonger is wees- of kwesbare kinders. Bykans 28% van hulle is deur vigs wees gelaat.

Mnr. Segurola het aangevoer dat gegrond op die syfers kan gesê word dat vigs die meeste Namibiërs raak.

“Vigs het ’n invloed op al die sosioëkonomiese groepe en sektore. Dit vermeerder armoede, belemmer ontwikkeling en bedreig Namibië se toekoms,” het hy gesê.

Volgens hom is Spanje die vyfde grootste skenker van die Globale Fonds om vigs, tuberkulose en malaria die stryd aan te sê. Namibië het groot voordeel hieruit getrek.