23.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


23 Mei 2012

30 Bruidspare gekies


Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

25.02.2010

Storm rig skade aan op Aussenkehr

© Wynand Saayman
’n Stormwind het hierdie skade op Aussenkehr aangerig.

DIT was soos ’n ligte orkaan. So beskryf Frik Conradie van Aussenkehr die storm wat Maandagnamiddag op die dorp op die wal van die Oranjerivier uitgebreek het.

“Dit was chaos!” Die storm het net 7,4 mm reën gebring, maar die wind het teen sowat 80 km/h gewaai en alles was binne twintig minute oor, vertel nog ’n inwoner, Wynand Saayman. Niemand is in die voorval beseer nie, maar die dakke van Namibia Development Corporation se enkelkwartiere het afgewaai en die sonverwarmers het van die dakke afgeval.

“Motorafdakke het soos vlieërs gewaai, maar net een motor is effens beskadig,” sê Frik. Die wind het ook ’n gat uit Kaap Agri se voorraadstoor geruk.

Al wat ’n groot boom is, is ontwortel en takke het gebreek. Selfs die grootste bome kon die sterk wind nie weerstaan nie. Op een plek het ’n garage se hoek gekraak. ’n Groot advertensiebord het ook in die slag gebly en is agteroor gebuig. ’n Heining van pale en riet is ook nie oorgesien nie en het plek-plek platgeval.