23.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


23 Mei 2012

30 Bruidspare gekies


Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

25.01.2012

Sterre van Big Cat Diaries kom na Namibië

© Verskaf
Jonathan en Angela Scott .

DIE paartjie wat wêreldroem verwerf het vir hulle rolle op die kassie in Big Cat Diaries, Elephant Diaries, Big Bear Diary en Dawn to Dusk is op pad na Namibië, een van hulle gunsteling plekke.

Jonathan en Angela Scott kom hierheen om die konferensie African Lion Working Group in die Etosha Nasionale Park by te woon wat op 10 en 11 Februarie plaasvind. Volgens die verklaring wat deur die Jagluiperdbewaringsfonds (CCF) uitgereik is, sal hulle daarna as gaste van ’n safarigroep vir ’n week lank deur die Skedelkus en Serra Cafema naby die Angolese grens toer.

“Namibië is een van die lande met die mooiste natuurskoon wat daar is,” het die Scotts laat weet en gesê hulle sien daarna uit om CCF buite Otjiwarongo te besoek.

Dr. Laurie Marker, die stigter en uitvoerende direkteur van CCF, het volgens die verklaring gesê dat Jonathan en Angela haar gaste sal wees voordat hulle na Windhoek vertrek om op 14 Februarie ’n lesing en geldinsamelingspoging aan te bied. Die lesing, A Valentine’s Date With Big Cats, sal om 18:30 by hotel Thule plaasvind en foto’s van die Masai Mara in Kenia, een van die sewe natuurwonders van die wêreld, sal vertoon word. Jonathan en Angela sal ook staaltjies deel oor die groot katte waarmee hul paaie al gekruis het.

“Jonathan en Angie is bewaringsbewustes wat ongelooflik gerespekteer word en min mense weet meer van roofdiere as hierdie twee,” lees die verklaring.

Die egpaar woon in Nairobi, Kenia en wy hul lewens daaraan om hul passie vir die natuur te deel. Hulle is bekroonde skrywers en internasionaal erkende fotograwe wat 26 boeke geskryf en geïllustreer het. Hulle is die enigste paartjie wat albei die algehele beste toekenning vir die gesogte wildelewefotograaf van die jaar-kompetisie gewen het. Jonathan en Angela is ook as Canon-ambassadeurs vereer en hulle is deel van die SanDisk Elite Team, ’n klein groepie bekende fotograwe wie se werke deur kenners as “inspirerend” beskou word.