23.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


23 Mei 2012

30 Bruidspare gekies


Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

25.01.2012

Stem vir of teen kernkrag

MET nog sowat twee maande oor waarin Namibiërs in ’n meningsopname kan aandui of hulle die bou van ’n kernkragaanleg in die land ondersteun al dan nie, was openbare reaksie hierop tot dusver swak.

’n Petisie teen of vir die oprigting van ’n kernkragaanleg is reeds sedert Februarie verlede jaar op die Uraaninstituut se webtuiste, www.namibiauraniuminstitute. com, beskikbaar, maar dit spog ’n jaar later met ’n skrale 2 500 stemme wat uitgebring is.

Tot dusver is die oorgrote meerderheid (87,5 persent) teen die oprigting van ’n kernaanleg in Namibië gekant, terwyl 12 persent ten gunste daarvan is.

Intussen het die voorsitter van die plaaslike omgewingsgroep Earthlife Namibia, me. Bertchen Kohrs, lede van die publiek aangemoedig om by die debat betrokke te raak. “Namibië se veiligheid is in jul hande.”

Volgens Kohrs is einde Maart die sluitingsdatum van die meningsopname, maar kan dit verleng word indien die behoefte sou bestaan.

“Ongelukkig beteken dit dat diegene wat nie toegang tot die internet het nie, nie hul stemme sal kan uitbring nie.” Kohrs het gesê Earthlife Namibië beskou om dié rede ’n openbare referendum oor hierdie belangrike aangeleentheid as die beste keuse omdat dit volgens haar die hele land en sy bevolking raak.

Earthlife Namibia het reeds by verskeie geleenthede die organisasie se teenkanting tot die kernkragaanleg beklemtoon. Volgens die organisasie is daar veiliger, goedkoper en meer omgewingsvriendelike alternatiewe vir hernubare kraghulpbronne wat oorweeg kan word.

Die Minister van Myne en Energie, mnr. Isak Katali, het onlangs aangekondig dat Namibië die opwek van kernkrag ernstig oorweeg en dat die land hopelik teen 2018 met waarskynlik die ondersteuning van Rusland en China, sy eie reaktor sal hê.

Volgens Kohrs is dit egter algemene kennis dat dié twee lande se naam met betrekking tot veilige tegnologie en menseregte nie baie goed is nie.

Die organisasie het voorts beklemtoon dat Namibië nie oor die kennis en kundigheid beskik om ’n kernkragaanleg op te rig, te bestuur en te onderhou nie.

“Die besluit vir die oprigting van ’n kernaanleg in Namibië moet nie deur die Regering alleen geneem word nie, maar moet geneem word by wyse van ’n demokratiese referendum, met die publiek wat ten volle oor die voor- en nadele hiervan ingelig word.”