23.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


23 Mei 2012

30 Bruidspare gekies


Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

30.08.2010

Slypskool vir gehoorgestremdheid gehou

IN Namibië is 18 000 mense gehoorgestremd van wie duisende sonder die nodige opvoeding oor hul gebrek leef. Met die oog op Visie 2030 word die probleem hanteer by wyse van ’n gesamentlike poging tussen die Ministerie van Onderwys en Ysland se Internasionale Ontwikkelingsprogram (ICEIDA).

’n Slypskool oor die opvoedingsmoontlikhede vir gehoorgestremdes is onlangs buite Okahandja aangebied met fokus op die verhouding tussen opvoeding en werkgeleenthede vir burgers met gehoorprobleme. Klem is geplaas dat verskeie opsies in sekondêre en naskoolse opleiding, opvoedingsgeleenthede en geletterdheidsvaardighede in die land beskikbaar is.

Die doel van die konferensie was om gapings in die opvoedkundige sektor, asook die struikelblokke wat betreffende werkgeleenthede vir gehoorgestremdes oorkom moet word, te identifiseer. Die slypskool is die tweede van sy soort in Namibië en vorm deel van ’n projek wat op die bemagtiging van burgers met gehoorprobleme gemik is.

Die eerste slypskool is in 2007 aangebied en het onder die tema “Die toepassing van tweetaligheid – twee kulturele opvoedingsbenadering” plaasgevind.

Sedertdien is ’n raamwerk vir die toepassing van projekte en aktiwiteite opgestel. Een projek wat uit die eerste slypskool gevloei het, was die ontwikkeling van Namibiese gebaretaal as ’n vakrigting wat vir die eerste keer in 2008 nagesien is.

Unam se Khomasdal-kampus bied tans die vakkeuse aan studente asook die keuse om gekwalifiseerde gebaretaalspre kers te word. Algemene redes waarom groot gapings in werkgeleenthede van gehoorgestremdes bestaan, is vanweë taalgrense, negatiewe ingesteldheid en onkunde.

Die slypskool het juis die invalshoek om dié probleme uit die weg te probeer ruim. Die permanente sekretaris van Onderwys, mnr. Alfred Ilukena, wat op sesjarige ouderdom ingetrek het by sy oom wat blind en doof was, het met baie empatie met die aanwesiges gepraat.

“Die dowes kan hoor, dit is ons wat geen gebrek het nie wat sukkel om te luister.”

Verder het hy verduidelik dat dié wat sonder enige gestremdheid leef, nie die stigma wat aan sommige terminologie kleef, soos “doof”, moet ondersteun nie, maar begrip toon en self aanpas sodat kommunikasie op dieselfde vlak kan plaasvind.

Met Visie 2030 in gedagte het mnr. Ilukena gesê die gesindheid van Namibiërs moet van so ’n aard wees dat hulle nie in gemak wil leef nie, maar eerder daartoe verbind moet wees om gemak te skep. Om die visie te bereik, moet aandag aan die opvoeding van die burgers gegee word.

Die beleid wat Namibië volg, is opvoeding vir almal. Om die beleid uit te leef, mag nie ’n enkele persoon uitgelaat word nie. Dus is dit belangrik om nie net aan gewone onderrig aandag te gee nie, maar ook aan mense met spesiale behoeftes.

Mnr. Ilukena het afgesluit met ’n bekende aanhaling: “Die verskil tussen die moontlike en die onmoontlike lê by ’n persoon se oortuiging.”

Die slypskool is die laaste een wat deur ICEIDA aangebied word voordat hul projek vanjaar tot ’n einde kom. Sedert die agentskap met die eerste projekte begin het, het dit reeds byna N$10 500 000 in Namibië belê.