Skoonlief vang doelwagter in haar net

2012 is voorwaar ?n groot jaar vir Michelle McLean: Nie net word sy 40 en haar seun Luke 13 jaar oud nie, maar haar trust in Namibië vier ook sy 20ste bestaansjaar. Bowenal tree die voormalige Mej. Heelal aan die einde van die jaar in die eg met die ewe bekende Gary Bailey.

Die twee was verlede week op ?n blitsbesoek in Namibië om die reëlings vir hul ?seënseremonie? op 2 Desember vanjaar te finaliseer. Kort daarna volg hul troue by die Wieg van die Mensdom in Suid- Afrika.

Vir Namibiërs is dié langbeen meisie wat twintig jaar gelede in ons harte gekruip het vandag nog ?n bron van inspirasie. Vra maar net vir enige meisie wat inskryf vir die Mej. Namibië-kompetisie!

Nou wil almal egter weet oor haar romanse met die voormalige sokkerster, Gary Bailey.
Hoe het julle ontmoet?

?Ons het mekaar gereeld in M-Net se gange in Johannesburg gesien en op ?n dag het ?n vriend voorgestel dat ons mekaar beter leer ken,? vertel Gary.

Daarna het hulle ?n paar maande lank kontak behou en kort voor lank agtergekom dat hulle soortgelyke agtergronde het, albei gesinsgeörienteerd is en ?n sin vir humor deel.

In daardie stadium was hulle albei al bykans vyf jaar enkellopend.
?Die verhouding het daarna gegroei en sowat ?n jaar gelede het ons vas begin uitgaan,? sê Michelle. Dit was ook nie lank nie, of sy het besluit om vanaf Kaapstad na Johannesburg te verhuis.

?Toe, op 25 Desember verlede jaar, het ek die jawoord gevra,? sê Gary.

En die groot dag?

?Ons het besluit op Gocheganas vir die seënseremonie in Namibië. Ons is nou juis hier om te soek na spesiale hoekies. Daarna is die troue later in Desember by die Wieg van die Mensdom. Ons het twee lieflike plekke gekies om ons spesiale dag saam met familie en vriende van heinde en verre te vier,? sê Michelle.

Dit is vir albei die tweede huwelik. Hoe is dit anders van die eerste?

?Ek het al baie daaroor nagedink,? sê Michelle. ?Mens is geneig om idealisties te wees, maar nou weet ek dat ek met my beste vriend trou ? iemand waarmee ek belange deel. Boonop is ons gesin baie na aan mekaar. Dit is veral belangrik vir ?n goeie huwelik,? sê sy. Gary, wat die boek Divorce for Dads geskryf het, meen die fokus moet op die kinders wees. ?Egskeidings is so algemeen en ?n kultuur van blaam word aanvaar. Ek het al soveel keer gesien hoe mense net baklei en baklei, maar vir my was my kinders die hoofsaak.?
Hy sê hulle albei se kinders het goed deur die egskeidingsproses gekom.

?Hulle is goed aangepas en dit help baie dat ons albei met respek teenoor ons voormalige huweliksmaats optree.?

Wittebroodplanne

?Dit gaan ?n plek moet wees waar ons albei nog nie was nie. Dit hoef ook nie ver weg te wees nie. Net solank dit nie ?n verafgeleë eiland is nie!? skerts Michelle.

Hoe handhaaf hulle ?n balans?

?Ons het werklik ?n besige huishouding met Luke en twee van Gary se drie kinders in die huis. Dit is vir ons almal belangrik om ?n balans te handhaaf. Ons is gelukkig in die bevoorregte posisie dat ons skedules so aangepas kan word dat ons gehaltetyd as gesin kan deurbring,? sê Michelle.

Gary beaam. ?Ja, geluk en familie help om die balans tussen werk en persoonlike lewe te behou.?

Michelle sê elke oggend as sy wakker word, sy heel eerste dankbaar is. ?Ek is dankbaar vir alles. Ek dink dis die belangrikste ding: om my dankies te sê. Ek het ?n wonderlike man aan my sy en die vermoë om sake te doen.?

Ambassadeurs

Omdat albei reeds van hul tienerjare in die kollig was, is dit vir hulle heel natuurlik om nou nog in die openbare oog te wees. ?Die feit dat ons bekend is, help nogal ook vir besigheid.

?Ek werk heen en weer tussen Namibië en Suid-Afrika, doen konsultasiewerk, bring beleggers byeen, is betrokke by toerisme en ook ?n paar ander projekte,? sê Michelle.

Sy meen die streek is in ?n sterk posisie en dat daar baie aktiwiteit aan albei kante van die grens is.

?Ek het baie skakelwerk tydens die Wêreldbeker gedoen en nadat ek Johannesburg toe getrek het, is ek weer tot ?n sekere mate by televisie betrokke. Konsultasiewerk is nou vir my baie belangrik en dit bring my tussen twee en drie keer per maand terug na Namibië. Dit is baie lekker om ?n ambassadeur te wees,? sê sy.

Michelle McLean Kindertrust

?n Projek wat Michelle baie na aan die hart lê, is haar kindertrust.

?Die trust is al twee dekades oud, maar ons het besluit ons gaan eers volgende jaar ? wanneer dit mondig word ? groot fees vier,? sê sy.

In die beginjare was dit moeilik was om te voorspel hoe suksesvol die trust sou wees. ?Dis te danke aan al die wonderlike ondersteuning wat ons geniet. Die primêre skool, met sy 900 studente, is ons vlagskipprojek en ons is baie trots daarop. Nog ?n belangrike projek is die Skool vir Uitmuntendheid (School of Excellence), wat spesifiek gemik is op slimkopleerlinge wat in verafgeleë gebiede woon om hulle met skoolwerk te help.?

Gaan Gary sy sokkerervaring en kennis in Namibië inspan?

?Ek sou graag vir die Michelle McLean Primêre Skool ?n sokkerakademie wou inrig, maar die besluit lê by Michelle,? sê Gary. ?Ek is meer as bereid om te help waar ek kan, maar soos alles in die lewe, kos dit geld.?

Gaan ons haar weer vanjaar by Mej. Namibië-kompetisie sien?

?Ek is al ?n hele klompie jaar as seremoniemeester betrokke en sal weer vanjaar vir die kompetisie in Windhoek wees, maar hierdie keer in ?n ander hoedanigheid,? sê sy.

Voorwaar goeie nuus vir voornemende deelnemers!

Meer oor Michelle

? Michelle doen reeds vandat sy 13 jaar oud is, modelwerk.

? Sy is in 1991 as Mej. Namibië gekroon en in 1992 as Mej. Heelal.

? Sy het in 1993 en 1994 in Los Angeles gewoon, waar sy deeltyds as aktrise gewerk het.

? Nadat sy na Suid-Afrika verhuis het, het sy vanaf 1995 tot 2003 vir M-Net gewerk en verskeie programme aangebied.

? As seremoniemeester het Michelle reeds in 26 lande gewerk.

? Haar stem word gereeld vir advertensies gebruik.

? Sy is ?n lid van die Wêreld Ekonomiese Forum en ?n handel- en toerismekonsultant in Suider-Afrika.

... en oor Gary

? Gary is in Engeland gebore, maar het in Suid-Afrika grootgeword.

? Hy beskik oor ?n MBA van Henley in Oxford asook ?n BSc in Fisika van Manchester.

? Hy het vir twee jaar sokker gespeel vir Wits en daarna, in 1977, by Manchester United aangesluit. Hy het 373 kompeterende wedstryde gespeel.

? Hy het vanaf 1978 tot 1986 vir Engeland gespeel. Terug in Suid-Afrika, het hy vir twee jaar vir Kaizer Chiefs gespeel.

? Sedert sy professionele aftrede, is Gary betrokke in die media en is hy onder meer ?n aanbieder vir SuperSport. Hy is die afgelope tien jaar een van Suid-Afrika se top motiveringsprekers.

Kategorie: