23.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


23 Mei 2012

30 Bruidspare gekies


Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

24.01.2012

Situasie onder beheer, sê Mbako

© Placido Hilukilwa
Die moontlike toename in reënbuie en vloede se invloed op oeste is van die veranderlikes wat in die voorsiening van noodvoedsel oorweeg moet word. Vloede kom reeds in die Noorde voor.

ONDANKS inligting tot die teendeel, ontken rampowerhede dat enige oponthoud in die voorsiening van noodvoedsel aan behoeftiges die afgelope maande in die land voorgekom het.

Beide adv. Nangula Mbako, permanente sekretaris in die Eerste Minister se kantoor, en mnr. Japhet Iitinge, direkteur van ramprisikobestuur, het die ontboeseming deur ’n ander beampte in hul kantoor as snert afgemaak.

Dit volg nadat spesifikasies in ’n tender wat in September verskyn het vir die lewering van meer as 18 000 ton mieliemeel aan 12 streke van die land, op die nippertjie gekanselleer is.

Openbare kennis hiervan is eers in Januarie gegee.

Die glips was dat nie aangedui was dat net meulenaars aansoek kon doen nie. Sommige ondernemings het elders in die media oor hul uitsluiting gekla.

“Daar was geen oponthoud van enige aard nie,” het Mbako aan Republikein gesê na aanleiding van berigte deur beide Nampa en New Era dat geen voorrade sedert Augustus in die Kavango vir byvoorbeeld die Kaisosi informele nedersetting asook die San-gemeenskap by Likwaterera beskikbaar was nie. Kinders van Kaisosi het glo van ’n onwettige stortingsterrein wat winkels gebruik, begin aas om hul hongerpyne te stil.

Hoewel Iitenge erken het dat die vorige tendertydperk teen “Oktober of November” sou verstryk, wou ook hy nie toegee dat probleme ervaar is nie.

“Ons hanteer die sake daagliks,” het hy aangevoer. Op baie plekke in Namibië eet mense “op ons drumpels” van die ashope, het hy bygevoeg.

Volgens Iitenge het mense wat aanvoer dat daar nie kos was nie, voorts geen kennis van die leefwyse van landelike gemeenskappe soos die San wat sekere tye van die jaar tradisionele gewasse soos vrugte en sampioene as hul stapelvoedsel begin oes nie.

Hy het gesê voorsieners is reeds voor die vakansie geïdentifiseer en mieliemeel en kookolie in streke waar aflewering nog nie begin het nie, is reeds na begunstigdes op pad.

Die tenderglips, voer Iitenge aan, het geen invloed gehad nie. Die huidige voedselprogram duur tot Maart, wanneer die oestyd aanbreek.

Volgens Iitenge wag die rampbestuurseenheid op die Ministerie van Landbou, Water en Bosbou se nuwe oesskattings voordat besluit sal word of die voedselprogram verleng gaan word. ’n Moontlike toename in reën en vloede en die laat koms van die reën se invloed op oeste, is van die veranderlikes wat oorweeg sal word.

Me. Klementineh Harald van die Namibiese Rooikruisvereniging (NRCS) het vanaf Rundu gesê die organisasie het nie ’n enkele klag ontvang dat mense nie noodvoedsel ontvang het nie. “Niemand het ons genader nie.”

Een man het verlede week tydens ’n ontmoeting met die sowat 70 inwoners van die vloedkamp by Sarasungu gekla dat sy tent lek. Stukkende tente en ’n behoefte aan muskietnette is volgens Harald vloedslagoffers se enigste sorge.