23.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


23 Mei 2012

30 Bruidspare gekies


Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

2.03.2010

Ruiter terug in die saal

© Republikein

DIE afgelope naweek is die proses van die hervestiging van die Ruiterstandbeeld op sy nuwe standplaas langs die trappe na die Alte Feste-museum voltooi.

Een van die koördineerders van die projek en voorsitter van Kriegsgrebe für Sorge, die plaaslike vereniging wat na alle oorlogsgrafte omsien, mnr. Harald Koch, het die proses met groot noukeurigheid dopgehou en seker gemaak dat alles volgens die beplanning geskied.

Die oorspronklike Ruiterstandbeeld is op 27 Januarie 1912 amptelik ingewy ter gedagtenis aan die meer as 1 500 soldate van die Kaiserliche Schutztruppe, 92 seesoldate en 124 burgerlikes wat in die tydperk vanaf 1903 tot 1908 in die destydse Duitse kolonie gesneuwel het.

Die beplanning was dat die Ruiter weer op 27 Januarie 2010 op sy nuwe staanplek voor die Alte Feste onthul word, maar dié datum kon nie gehaal word nie.

Hierby is ’n fotobeeld van hoe die proses verloop het om die Reiterdenkmal weer op sy voetstuk te plaas en tot sy oorspronklike glorie te herposisioneer.