23.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


23 Mei 2012

30 Bruidspare gekies


Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

13.05.2011

Reënrekord

© Jabus du Toit, Republikein
SEDERT 109 jaar gelede begin is om reënstatisitiek van Windhoek aan te teken, het nog nooit soveel reën in een seisoen geval as wat nou beleef word nie. Die 2010/11-reënseisoen het reeds 3,6 keer meer reën in Windhoek opgelewer as die gemiddelde syfer van 355 mm oor die volle tydperk. Net in Januarie vanjaar is reeds 383,6 mm aangeteken. Dusver is altesaam 1 283,1 mm reën in die huidige seisoen gemeet.

Die tweede hoogste reënvalsyfer wat oor die tydperk op rekord is, was in die 1933/34-seisoen (Julie 1933 tot Junie 1934) toe ʼn totale neerslag van 767,4 mm aangeteken is. Met ʼn kortkop agter was die 757 mm wat in 1908/09 gemeet is. Die 1952/53-reënjaar was ook uitsonderlik toe altesaam 714 mm geval het. Die reënstatistiek van Windhoek wat sedert 1891 opgeteken is, sorg vir heelwat interessante leesstof. Daarvolgens was die droogste tydperk tussen die jare 1986 tot 1988, toe net 33 mm reën aangeteken is. In die 1986/87-seisoen is net 12 mm gemeet en die daaropvolgende seisoen net 21 mm. In die neëntigerjare ( 1 9 9 4 / 9 5 ) het Windhoek ook ʼn ernstige droogtetydperk beleef toe dit slegs 29,7 mm gereën het.

So onlangs as die 2006/07-seisoen was dit ook erg droog met ʼn totale neerslag van slegs 75 mm. In die eerste vier maande van 2011 was dit net in Februarie waar vanjaar se maandelikse reënvalsyfer nie die hoogste sedert 1891 is nie. Vanjaar het Windhoek in Januarie 383,6 mm ontvang, in Februarie175,1 mm, in Maart 296,1 mm, April 232,2 mm en dusver in Mei 67,2 mm. In 1892 het besonder goeie buie in Januarie geval toe 309 mm gemeet is. Wat Februariemaand betref, was die hoogste reënvalsyfer in die maand in die laaste 109 jaar, die 302,3 mm wat in 2008 aangeteken is. Sedert 1891 tot nou, was daar net 13 jaar waar ʼn neerslag van minder as 200 mm in Windhoek geval het.

Byna die helfte van die droë jare was die laaste 20 jaar sedert 1981. Die swakste jaar (let wel, nie reënseisoen nie) was ongetwyfeld 1988 toe nie ‘n enkele druppel in Windhoek geval het nie. In 2004 is net ʼn skamele 4 mm aangeteken en in 2007 slegs 75,1 mm.