23.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


23 Mei 2012

30 Bruidspare gekies


Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

24.01.2012

Reho se Swapo’s min geskeel oor hoëlui wat Pilatus speel


Mnr. Bartholomeus (Pietertjie) Pieters
DIE enigste twyfel of dit die regte ding was om die omstrede mnr. Bartholomeus (Pietertjie) Pieters as Rehoboth se burgemeester en raadslid te verwyder, bestaan volgens sekere Swapo-lede op die dorp by die party se “deurmekaar” en verdeelde topleierskap.

Op ’n Swapo-vergadering Sondagmiddag op die dorp is ná twee onlangse betogings ten gunste van Pieters se heraanstelling, streng teen “infiltrasie deur die opposisie” en “gevaarlike, etniese binnegevegte” gewaarsku.

Die Oanob-gemeenskapsaal was glo met meer as ’n duisend mense gepak.

Die afgelope dae het beide Swapo se sekretaris-generaal, me. Pendukeni Iivula-Ithana, haar adjunk, mnr. Nangolo Mbumba, en die Hardap-goewerneur, me. Katrina Hanse-Himarwa, hul hande elders in die media in onskuld gewas oor enige medewete van, of goedkeuring vir Pieters se onttroning.

Teen gister het geen aanduiding bestaan dat enigeen ontbied is oor die saak of dat die meningsverskil op hoë vlak uitgeklaar gaan word nie.

“Dit is ’n ongelukkige voorval,” het eerw. Stephanus Tiboth, waarnemende Swapo-koördineerder vir die Hardapstreek, aan Republikein gesê.

“Ons is gelukkig dat ons twee distrikte op die dorp het. Dit is die twee liggame wat die besluit geneem het. Redes hoef ek nie te verstrek nie,” het hy oor Pieters se algemeen bekende kykery in die bottel, pligsversuim, inmengery by bestuursake en die negatiewe gevolge vir die dorp en party se naam gesê.

Volgens Tiboth is die distrikte se onttrekkingsvoorstel aan Iivula-Ithana se kantoor voorgelê en afskrifte aan mnr. Jerry Ekandjo, kabinetslid verantwoordelik vir partysake in die streek, gestuur.

Volgens ’n brief wat van die Minister ontvang is, was die saak op die hoogste vlak bespreek en is die groen lig vir Pieters se verwydering gegee.

“Ek praat nie met Republikein nie,” het Ekandjo nors aan die koerant gesê voor hy sy selfoon doodgedruk het.

“Daar was al baie sulke voorvalle,” voer Tiboth aan. “Soms is mense onttrek, ander kere is raadslede geskommel. Daar is ongelukkig ’n deurmekaarspul,” het hy erken. Hy het gesê sekere leiers in Swapo se topbestuur is waarskynlik nie behoorlik ingelig nie.

“Ek bly op Rehoboth en weet wat hier aangaan. Dis nie hoorsê nie. Die goewerneur reageer nou op hoorsê,” het Tiboth gesê.

Volgens hom het hy juis aangedring dat distriksbesture die stappe teen Pieters doen omdat hy as volgende persoon op die partylys van botsende belange beskuldig sou word.

Op die vergadering wat streekraadslid Eduard Wambo Sondag toegespreek het, is gehamer op partylede se regte en pligte – blykbaar sonder om die Pietersvoorval by die naam te noem. Tiboth sê dit was opvallend dat diegene wat antwoorde van die party geëis het, in hul afwesigheid geskitter het. Ontevredenes het Saterdag ’n “aksiefront” gestig wat hom vir Pieters se heraanstelling sal beywer.