23.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


23 Mei 2012

30 Bruidspare gekies


Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

5.08.2010

Regsproses trek vuur

© Floris van Schouwenburg
Die diep bedroefde ouers van Magdalena Stoffels luister gister na 'n roudiens wat by die Hoërskool Dawid Bezuidenhout gehou is. Die saal was volgepak deur leerders van verskeie skole in Windhoek en ander roubeklaers.

“DIE stadige proses wat met die vervolging van misdadigers gevolg word, is die oorsaak van geweld. Die regte van misdadigers weeg swaarder as die regte van hul slagoffers. Voordat die regte van die slagoffers nie swaarder weeg as dié van die oortreder nie, sal geweld in ons samelewing voorkom,” dit was die boodskap van die voorsitter van die Hoërskool Dawid Bezuidenhout se skoolraad en lid van die ouerkomitee, Pastoor Areseb tydens ‘n roudiens wat gister vir die vermoorde Magdalena Stoffels by die skool gehou is.

“Spoediger vervolging gaan kriminele ontmoedig om hulle aan hierdie tipe dade skuldig te maak,” het hy gesê.

Pastoor Areseb het geantwoord op ‘n versoek wat vroeër die dag deur me. Deumona-Eli Hausiku, waarnemende internasionale beampte in die kantoor van die dekaan van studente van die Universiteit van Namibië gerig is dat ‘n indringende studie gedoen moet word om die oorsaak van geweld teen kwesbare Namibiërs vas te stel.

‘n Beroep is egter gister op Namibiërs gedoen om hul eie veiligheid te verseker deur misdadigers uit te wys.

“Optrede deur die polisie is nie genoeg nie. Gemeenskappe moet self iets doen om misdaad in hul geledere uit te wis. “Ons het kinders in ons huise wat steel en ons gee hulle nie aan nie. Wat moet die stadspolisie doen as julle die misdadigers beskerm. Die polisie moenie van misdaadtoneel tot misdaadtoneel hardloop nie. Ons moet voorkom dat misdaad plaasvind,” het superintendent Garry Shikesho van die stadspolisie tydens die skoonmaak-aksie in die Gammamsrivier gesê.

“Julle gee nie inligting oor misdadigers nie en raak nie betrokke by sake nie. Hoe wil julle misdaad bekamp?”

Die gemeenskap se optrede sedert wyle Magdalena se moord is tydens die roudiens geloof.

“Die aardskudding wat ‘n profeet vir Namibië voorspel het, het waar geword met die moord op Magdalena Stoffels. Haar dood het die gemeenskap tot optrede geskud,” het mnr. Hubert van Wyk, onderwyser van Dawid Bezuidenhout gesê.

“Magdalena se moord het skokgolwe uitgestuur wat deur die hele Namibië gevoel en gehoor kan word.” Sprekers was dit eens dat Magdalena se moord nie verniet was nie aangesien haar dood Namibiërs aangespoor het om hulself te beskerm teen geweldenaars wat daarop uit is om vroue en kinders leed aan te doen.

Mnr. Johannes Hill, skoolhoof van Dawid Bezuidenhout, het tydens sy toespraak die hele Namibië se simpatie met Magdalena se familie betoon.

Haar oumagrootjie, ouma, ouers en ander familie was almal tydens die roudiens teenwoordig.

“Magdalena se lewensverlies is ‘n verlies vir die hele Namibië. Ons deel in julle hartseer, pyn en rou,” het mnr. Hill gesê.

Hy het ‘n brief van meegevoel van die President, mnr. Hifikepunye Pohamba en sy vrou Penehupifo voorgelees waarin die Pohamba’s die “barbaarse en onmenslike optrede teen vroue en kinders” veroordeel.

“Namibië is beroof van ‘n skitterende, jong lewe en ek het geen twyfel dat die gereg die skuldige aan die pen sal laat ry nie,” het mnr. Pohamba gesê.

Pastoor Areseb het in sy toespraak gesê dat hy sedert Magdalena se tragiese heengaan liefde en medelye ervaar het soos hy nog net in die Vryheidstryd gesien het.

“Van nedersettings tot presidente staan saam en praat met een stem. Magdalena het dit vir ons gebring.

“Selfs die verskillende politieke partye het nou dieselfde siening,” het Pastoor Areseb gesê.

“Magdalena kan nie weer lewend word nie, maar haar dood het hoop weer laat herleef.”