23.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


23 Mei 2012

30 Bruidspare gekies


Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

24.01.2012

Premier roskam laatkommers

© Nampa
Sommige van die personeel van die Kantoor van die Eerste Minister het gister laat opgedaag vir die 2012-verwelkomingsgeleentheid en toespraak van mnr. Nahas Angula. Hy het die laatkommers in die middel van die Ou Kabinetskamers laat staan en aan hulle gesê die misbruik van tyd is gelykstaande aan korrupsie.

DIE Eerste Minister, mnr. Nahas Angula, het gister tydens die 2012-verwelkomingsgeleentheid van sy personeel ’n voorbeeld gemaak van laatkommers deur hulle in die middel van die saal te laat staan sodat almal kan sien wie hulle is.

Dit volg kort nadat hy in sy verwelkomingstoespraak gesê het die misbruik van tyd binne die staatsdiens moet iets van die verlede word en dit is gelykstaande aan korrupsie.

“Dit word van toesighouers verwag om te verseker dat opdragte en take betyds afgehandel sal word. Geen verskonings sal meer aanvaar word nie en aanspreeklikheid moet die wagwoord vir 2012 word,” het Angula gesê.

Hy het in sy toespraak klem gelê op dienslewering binne die staatsdiens en genoem dat dit ’n aanspreeklike organisasie moet word.

“’n Aanspreeklike organisasie is ’n werkgewer van keuse en sal ywer beloon en luiaards straf,” het die Eerste Minister gesê.

Hy is van mening dat dit enigste manier is hoe Namibië as ’n wennasie kan ontwikkel.

“Middelmatigheid moet om hierdie rede ’n sonde in die Namibiese staatsdiens word,” het hy gesê.

Die tyd is besig om uit te loop vir Namibië om teen 2030 ’n nywerheidsgemeenskap te word soos in Visie 2030 vervat. Daarom moet die openbare sektor ’n bevorderlike omgewing vir groei en vooruitgang in die land skep.

Met betrekking tot die haalbaarheid van mylpale het Angula gesê daar is nog net twee jaar oor tot die volgende Presidents- en Nasionale Vergadering-verkiesing. Dit dui daarop dat ’n dringendheid vir die openbare sektor bestaan om die uitdagings van werkloosheid en die vermindering van armoede te hanteer.

“Die staatsdiens moet in die verband die rol van katalisator speel,” het hy gesê.

Angula het beklemtoon dat die staatsdiens moet seker maak dat elke burger van die land toegang tot onderwys, gesondheidsdienste, veiligheid en maatskaplike dienste het.

Om hierdie rede moet die staatsdiens op dienslewering fokus.

“Dienslewering vereis ’n toegewyde en bevoegde staatsdiens,” het die Premier gesê.