23.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


23 Mei 2012

30 Bruidspare gekies


Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

24.01.2012

Poskantoor bedrieg nie met kwitansies

© Republikein
DUPLIKAATKWITANSIES wat deur Nampost se Ausspannplatz-tak uitgereik is, was voorafbetaalde kwitansies wat normaalweg uitgereik word wanneer die kliëntnavraag sou doen oor postariewe wat met die versending van ’n artikel, brief of pakkie gehef moet word.

Nampost het by monde van sy hoofbestuurder vir korporatiewe bemarking, Berlindi van Eck, gereageer op beweringe van ongerymdhede oor kwitansies wat dieselfde nommer het wanneer meer as een artikel versend word.

Me. Heidi Koch het vroeëer in ’n brief aan Republikein vertel dat sy in Desember ses kalenders aan vriende en familie in Duitsland by die Ausspannplatz-tak versend het.

Nadat familie laat weet het dat hulle nog nie die pakkies ontvang het nie, het Koch navraag gaan doen en ontdek dat die persoon wat die transaksie hanteer het, dieselfde kwitansie ses keer herdruk het met die kwitansienommers en tyd van die transaksie wat in al ses gevalle ooreengestem het.

’n Kollega van Koch het volgens haar dieselfde paadjie geloop toe sy op haar beurt twee kalenders gepos het en altwee pakkies se kwitansienommers en tyd van transaksie ooreengestem het.

Van Eck het gesê die pakkies wat bevraagteken is, was in alle gevalle dieselfde en wel drukwerk. “Ses duplikaat voorafbetaalde kwitansies is dus uitgereik as ’n kwotasie aan die kliënt met die totale bedrag verskuldig op die kwitansies wat aangedui is as N$0.00.”

Volgens Van Eck is ’n interne ondersoek intussen van stapel gestuur om te bepaal of ’n ontvangs van betaling aan die kliënt uitgereik is, wat die pos van die kalenders sal bevestig.

“Die kalenders sou met seepos gestuur word met die afleweringstydperk na Duitsland wat gewoonlik ses tot agt weke duur, afhangend van verskeie faktore soos onder meer die beskikbaarheid van vaartuie, ruimte op die vaartuie, roete en die eindbestemming.”

Met verwysing na klagtes van pakkies wat oopgemaak by hul ontvangers uitkom met van die inhoud wat verdwyn het, het Van Eck gesê pakkies wat na die buiteland gestuur word, is onderhewig aan die doeanewette en regulasies van die betrokke land.

“Dit gee aan doeanebeamptes toestemming om die pakkies oop te maak en die inhoud daarvan te ondersoek.”