23.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


23 Mei 2012

30 Bruidspare gekies


Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

6.12.2011

Polisieman, boer vertel van ongeluk

© Joseph Kudumo
Die foto wys teen watter spoed die wit Golf in die Anthonissens van Oranjemund se Isuzu-bakkie vasgejaag het.

‘n POLISIEMAN van Windhoek en ’n boer van Wilhelmstal was Sondag die helde op die ongelukstoneel buite Usakos waar ’n gru-botsing die eerste drie padslagoffers van die vakansieseisoen in die Erongostreek geëis het.

Sers. Joseph Kudumo en mnr. Sigi von Lüttwitz, ’n bekende in boerdery- en skoukringe, het anderhalfuur gesukkel om mnr. Hennie Anthonissen (44) agter die stuurwiel van sy verfrommelde dubbelkajuitbakkie uit te haal sodat hy mediese behandeling kon kry. Hulle moes die deur oopbreek en die stuurwiel verwyder om dit te kon regkry.

Me. Linda Anthonissen (41, bo) en haar skoonma, me. Nanna Malherbe (63, links onder), het saam met mnr. Chabley Doyle (26) in die ongeluk gesterf.
Kudumo is verbonde aan die polisie se BBP-beskermingsdiens in Windhoek en is die persoonlike lyfwag van dr. Hage Geingob, Minister van Handel en Nywerheid.

Hy het gister vertel hy hoe hy self die dood net-net vrygespring het deur betyds sy Toyota Prado van die pad te ruk toe die wit Golf wat die ongeluk veroorsaak het, reguit op sy voertuig afgepyl het.

“Die man in die GTI (Golf) het teen ’n geweldige hoë spoed uit Usakos se rigting om ’n draai in die pad gekom en beheer oor die voertuig verloor. Die volgende oomblik het ek gesien hoe die voertuig deur die lug reg op my afgepyl kom. Ek het die Prado se stuurwiel gepluk en links van die pad afgery. Toe tref die wit voertuig die rooi Isuzu-bakkie (van die Anthonissens) wat net agter my gery het.”

Kudumo het dadelik uit sy voertuig gespring en na die ongelukstoneel gehardloop. Die bestuurder van die Golf, mnr. Chabley Doyle (26, van Swakopmund) was reeds dood, asook Anthonissen se vrou, Linda (41) en sy ma, me. Nanna Malherbe (63).

“Die Golf se spoedmeter het vanweë die impak van die botsing op 200 km vasgeslaan.” Kudumo sê hy het dit met sy selfoon afgeneem as bewys van wat gebeur as ’n mens teen so ’n hoë spoed jaag.

Von Lüttwitz, wat vanaf Swakopmund op pad terug was plaas toe, het minute ná die ongeluk op die toneel aangekom waar hy saam met Kudumo byna twee uur lank gesukkel het om die beseerde Anthonissen uit die bakkie te kry.

Anthonissen se broer, kapelaan André Anthonissen, het gister gesê sy broer se toestand is stabiel. Hy is Sondag van die staatshospitaal op Usakos na die Katolieke hospitaal in Windhoek oorgeplaas waar hy gistermiddag geopereer is. Hy het ribfrakture en ’n ernstige kniebesering opgedoen.

“Ek het net lof vir die polisie, nooddienspersoneel en ander mense wat my familie gehelp het.”

Die Anthonissens se seun, SP (15), was saam met sy ouers en ouma in die ongeluk, maar het net ligte beserings opgedoen.

“My broer en sy gesin was vir die naweek van Oranjemund af op Hentiesbaai om my ma te gaan haal. Sy sou vir die Kersvakansie by hulle gaan kuier het. Hul oudste seun, Johan (21), werk in Oranjemund en was nie saam Hentiesbaai toe nie,” vertel kapelaan Anthonissen. Hy is verbonde aan die brandweer in Windhoek.

Hy sê sy broer en skoonsuster het vier jaar gelede hul jongste dogter aan kanker verloor en het lank gesukkel om die trauma te verwerk. “Nou het dit ook nog met my broer gebeur.”

Intussen het die polisie die naam bekend gemaak van nog ’n persoon wat die naweek in die Erongostreek in ’n padongeluk dood is. Sy is die 6-jarige Virora Tjiusutue, wat dood is toe die bakkie waarin sy ’n passasier was tussen Omaruru en Okombahe van die pad geloop en omgeslaan het. Die ander ses insittendes is ongedeerd.