23.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


23 Mei 2012

30 Bruidspare gekies


Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

26.08.2010

Polisie haal ‘King Mandume’ uit die bos

’n SOEKTOG van meer as twee dae na ’n jeugdige uit die vryheidstryd wat Maandag in boeie uit Berg Aukaus gevlug het, is vroeg gisteroggend afgelas nadat die polisie hom uit sy wegkruipplek in die bosse gaan haal het.

Vrese dat “King Mandume” nadat hy op die vlug geslaan het ernstig beseer is, is in die ban gedoen.

Gisteroggend was die waarnemende bevelvoerder van die Namibiese polisie in die Oshikoto-streek, hoofinsp. Victoria Jason, besig om die 28-jarige Michael Paulus, Mandume se regte naam, uitvoerig te ondervra.

“Hy het vannag (Woensdag) in die kamp geslaap,” het sy aan Republikein gesê. Volgens hoofinsp. Jason is Paulus vroegoggend opnuut uit die Nasionale Jeugdiens se tentekamp by Berg Aukas die bosse in nadat hy ’n houer met vyf liter water by vriende gekry het.

Toe die polisie die inligting kry, het hulle opnuut dadelik die jong man se spoor gevat.

“Ons het hom,” het hoofinsp. Jason gesê. “Hy is hier by ons op Tsumeb. Hy is springlewendig en gesond.”

Dinsdagnag het die polisie volgens haar padblokkades by Grootfontein en Oshivelo opgestel op “Mandume” te vind indien hy dalk ’n saamrygeleentheid saam met iemand gekry het. Planne om vas te stel presies waar die voortvlugtende was deur seine na sy selfoon na te spoor, kon nie uitgevoer word nie. Volgens hoofinsp. Jason is private telkomtoerusting in Windhoek wat die werk kan doen al vir vyf maande “stukkend.”

Die polisie het aangebied om Paulus na sy familie terug te neem, maar volgens hoofinsp. Jason is ’n oom op Tsumeb volgens “Mandume” al naasbestaandes wat hy nog het. “Ons sal hom genoeg tyd gee om te besluit wat hy wil doen,” het sy onderneem.

Paulus is in ballingskap gebore en was agt jaar oud toe hy met onafhanklikheid na Namibië gekom het.

“Ons verwag hom hier,” het Golden Nendongo, aanvoerder van opstandige jeugdiges uit die vryheidstryd waarvan sowat 100 na protesoptogte na Ondangwa en Windhoek deur die Kabinet toegang tot Berg Aukas belet is, uit Oshakati gesê. Die polisie het Nendongo en sowat 60 van sy volgelinge die afgelope Vrydag uit die kamp verwyder en hulle op die terrein van ’n voormalige vloedkamp gaan aflaai.