18.08.2010 Paspoort voer agt
ʼn EENDAGAANBOD van Shoprite om stapelvoedsel se prysstygings te versag, is die kettinggroep se Namibiese bonus met agt mense wat vir minder as N$30 vir ʼn feesmaal van hoender en pasta kan aansit. In tye van prysstygings en ‘n brose ekonomiese toestand is dit baie welkome nuus.
Vrydag bied Shoprite by al sy takke regdeur Namibië ‘n kombo-promosie aan van 1.5 kilogram hoender en ‘n pak van 400 gram pasta. Saam is dit genoeg om agt mense te voed. ‘n Gesin van vier plus vier kuiergaste kan dus smul aan ‘n voedsame ete.
Die aanbod is net Vrydag geldig en Namibiërs kan by enige tak van Shoprite in die land aandoen om die meevaller te benut. Republikein en sy susterkoerante, Allgemeine Zeitung en Namibian Sun bied die aanbod van Shoprite môre aan in ‘n ete-paspoort wat in al drie die koerante verskyn.
Die kombo-aanbod behels die pak van 1.5 kilogram hoender en 400 gram pasta teen ‘n ongelooflike prys van N$26.99.
|