Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


22 Februarie 2012

Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

27.01.2012

Pa en seun bereik Suidpool

© Verskaf
Henri (links) en Paul van Schalkwyk is die eerste Namibiërs wat die Suidpool aangedoen het.

PAUL van Schalkwyk en sy seun Henri het vroeër hierdie week die eerste Namibiërs geword om die Suidpool te bereik – dit ná ’n ekspedisie van meer as 2 000 km oor die Arktiese vasteland.

Pa en seun is deel van ’n rolprentspan wat die historiese Scott-Amundsen-eeufeesresies na die Suidpool dek nadat hulle deur Urban Brew Film Studios in Suid-Afrika genader is om ’n dokumentêre rolprent oor die resies te vervaardig.

“Dit is ’n groot voorreg en die vervulling van ’n droom,” het Paul gesê. “Van die toestande was veel erger as wat ons verwag het, maar dit bly iets wat ons nooit sal vergeet nie.”

“Dit is net so indrukwekkend soos ons woestyn,” sê Henri. “Die grootste verskil is dat dit tuis 30°C plus en hier -30°C is!”

Die resies is deur ’n Noorweegse span met ’n voorsprong van sowat ses dae voor ander spanne gewen. Daar is egter spanne wat nog die eindpaal moet bereik.

Die rolprentspan volg die atlete se voetspore tot op die laaste.

Altesame 16 atlete in sewe spanne neem aan die skiwedloop deel wat oor bykans 750 km strek. Die resies is deel van die eeufeesvieringe van die ontdekking van die Suidpool ’n honderd jaar gelede deur die Noorweër Roald Amundsen met die Brit, Robert Scott, kort op sy hakke. Amundsen het die uitdaging oorleef, maar Scott en vier van sy spanmaats het gesterf nadat hulle vir meer as ’n week in ’n sneeustorm vasgevang was.

Môre is die laaste dag van die resies en daarna sal die rolprenten ondersteuningspan na die Novo-basis terugkeer.

Met winter wat vinnig nader, is uiterste temperature van tot -50°C voorspel en daarna gaan die son vir die eerste keer in drie maande aan die horison begin raak.

Alle deelnemers en ondersteuningspanne keer op 9 Februarie na hul onderskeie tuistes terug.