23.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


23 Mei 2012

30 Bruidspare gekies


Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

30.07.2010

Owerhede in spervuur

© Floris van Schouwenburg
Me. Brunhilde Cornelius
’n REEKS eise stapel op teen die owerhede ná die trane van hartseer en woede in die rivier waar Magdalena Stoffels wreed vermoor is.

’n Groepie ontstoke en hartseer vroue van Khomasdal het gister by die moordtoneel byeengekom om te bid en ook om ’n oplossing te probeer vind om nog so ’n wrede moord te verhoed.

“Ons het hier in Khomasdal grootgeword en roep al soveel jare uit na die leiers om hierdie gebied en die riviere skoon te maak en ’n brug te bou,” het me. Brunhilde Cornelius, alias Elke von Francois, gesê.

“Hierdie moord het ons oë oopgemaak. Dinge het te ver gegaan en ons moet tot aksie oorgaan,” het ’n gemeenskapsleier, me. Lizzie de Vos gesê. Die vroue van Khomasdal se eerste plan van aksie is om ’n petisie op te stel.

Die petisie sal op vier aangeleenthede fokus: Eerstens eis die inwoners van Khomasdal ’n brug oor die Gammamsrivierloop waar die moord plaasgevind het; tweedens word meer gereelde patrollies deur die stadspolisie in Khomasdal vereis, veral soggens en smiddae wanneer leerlinge deur die rivierloop na die skoolof sportgronde loop; derdens sal van die Windhoekse stadsraad verwag word om die rivierloop skoon te hou; en laastens vereis die inwoners strenger strafmaatreëls.

Die gemeenskap meen ’n mens se lewe moet meer werd wees as die van ’n bees. As jy ’n bees steel, kry jy 20 jaar of meer tronkstraf. Ons moet meer as 50 jaar tronkstraf of selfs die doodstraf vir ’n moordenaar vereis,” het me. Cornelius driftig gesê.

“Die Regering het ons gefaal! ’n Lewe is verloor en ons sal nooit weer vir Magdalena kan terugkry nie.”

Die vroue het ’n beroep op Khomasdal-inwoners gedoen om byeen te kom, beter te kommunikeer, saam te werk en saam te staan.

“Een van die groot probleme is dat die gemeenskap nie betrokke is nie,” het me. De Vos gesê. “Die gemeenskap is so verdeeld. As ons vergaderings hou, is dit net die bejaardes wat opdaag.”

Mense wat die petisie wil onderteken, kan me. Cornelius by 081 335 7522 of me. De Vos by 081 802 2396 skakel.