23.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


23 Mei 2012

30 Bruidspare gekies


Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

24.01.2012

Opperhoof Zeraeua vind sy laaste rusplek

© Nampa
President Hifikepunye Pohamba bring Saterdag op Omaruru sy laaste hulde aan die gestorwe opperhoof van die Zeraeua-koningshuis, Christian Eerike Zeraeua, wat op 8 Januarie in die ouderdom van 78 jaar oorlede is.

“TERWYL ons oor die sterfte van opperhoof Christian Zeraeua treur, moet ons ook sy goeie dade en bydrae tot vrede en eenheid in ons land verheerlik,” het President Hifikepunye Pohamba tydens die begrafnisseremonie Saterdag op Omaruru gesê. Mense uit alle hoeke van Namibië het verlede naweek na Omaruru opgeruk om die begrafnisdiens by te woon van opperhoof Christian Eerike Zeraeua, wat sy stryd teen suikersiekte en hoë bloeddruk op 8 Januarie verloor het.

Tydens die drie roudienste waarvan die eerste Donderdag by sy woning op Okaumbaaha in die Omatjete-distrik plaasgevind het, is Zeraeua as ’n nederige en vreedsame leier beskryf.

“Baie mense het hom as ’n toegewyde Christen geken wat altyd sy volgelinge vertel het: ‘die dag wat ek sterf, sal ek julle in die hand van die Here los,’” het mnr. Ernst Katjiku, raadslid van die Daureskiesafdeling, gesê.

Twee ander gedenkdienste is in die Lutherse kerk en by die kommando op Omaruru gehou.

“Vir 33 jaar het Zeraeua vrede en harmonie onder sy volgelinge gehandhaaf,” het die President gesê.

Die Staatshoof wat namens die burgers en die Regering ’n boodskap van simpatie gelewer het, het ’n versoek gerig dat die rol wat die Zeraeua-koningshuis in die stryd teen kolonialisme gespeel het, nie vergeet moet word nie. Dit moet eerder as inspirasie vir vele nageslagte op die gebiede van maatskaplike en ekonomiese ontwikkeling dien.

Opperhoof Zeraeua wat in 1979 ingesweer is, het in die ouderdom van 78 jaar gesterf. Volgens Katjiku sal die Zeraeua-familie eers alle tradisionele stappe moet doen voor hulle bymekaar kan kom om te besluit hoe die leemte in die stamleierskap gevul sal word.