23.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


23 Mei 2012

30 Bruidspare gekies


Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

10.03.2010

Ongeluk ná versnelrenne: twee sterf in hospitaal


Paramedici behandel ernstig beseerde mense in ’n passasiersvoertuig wat Saterdag teen ’n hoë spoed van agter teen ’n bakkie gebots het. Die ongeluk het binne sigafstand van die naweek se versnelrenbyeenkoms op Okahandja gebeur. Twee mense het in die ongeluk gesterf en vier ander is ernstig beseer.

DIE sterfte van twee mense in ’n gru-ongeluk binne sig van honderde toeskouers by die versnelrenne op Okahandja het mense tot die werklikheid teruggeruk.

’n Passasier in ’n swart Citi Golf en ’n persoon wat agterop ’n Isuzu-bakkie gery het, het in die ongeluk gesterf. Vier ander mense is taamlik ernstig beseer.

Volgens adjudantoffisier Kauna Shikwambi van die polisie se skakelafdeling in Windhoek het die ongeluk Saterdag omstreeks 17:00 plaasgevind toe die bestuurder van die passasiersmotor teen ’n hoë spoed van agter teen die bakkie gebots het.

“Die bestuurder van die bakkie wou volgens die verslag aan ondersoekbeamptes op die pad na Gross Barmen afdraai. Met die draaislag het die Golf die bakkie teen ’n hoë spoed van agter op die linkerkant gestamp.”

Beide voertuie se bestuurders is volgens AO Shikwambi soos die twee ander passasiers in die Golf taamlik ernstig beseer. Sy het die name van die oorledenes bekendgemaak. Een is die 21-jarige Rivan Mirano Eksteen, wat ’n passasier in die Golf was. Die ander oorledene is die 59-jarige mnr. Gabriël Raffeal, wat agterop die bakkie gery het.

Die beseerde mense is na verskillende hospitale se intensiewesorgeenhede vir behandeling geneem. Saterdag het ’n selfoonteksboodskap soos ’n veldbrand deur die land versprei wat mense versoek om te bid vir mnr. Eksteen se suster wat in ’n baie ernstige toestand in die intensiewesorgeenheid van die Rooms Katolieke-hospitaal in Windhoek behandel word.

Die ondervoorsitter van die Okahandja Motorklub, mnr. Davy Farmer, het gesê die instansie het alles in sy vermoë gedoen om mense af te raai om nie onder die invloed van alkohol op die pad te gaan nie.

“Ek was self die aankondiger by Saterdag se byeenkoms en het verskeie kere afgekondig dat kampplekke spesiaal vir besoekers ingerig is. Ons het ook die mense versoek om van ’n aangewese bestuurder gebruik te maak indien hulle wel na Windhoek of ander dorpe sou terugreis. Selfs in ons advertensieveldtog het die klub besoekers versoek om nie die land se verkeerswette te oortree nie.”

Volgens mnr. Farmer gebruik die klub die geld wat op die dag en ander soortgelyke byeenkomste ingesamel word om verskeie liefdadigheidsorgisasies te ondersteun. Die voorsitter van die klub, mnr. Johan Green, het gesê dit is betreurenswaardig dat die klub se naam nou met die ongeluk verbind word.

Volgens mnr. Green, self ’n polisiebeampte, is die polisie se verkeersafdeling van die byeenkoms ingelig en veral die pad tussen Windhoek en Okahandja is met ’n valkoog dopgehou.

“Dit is baie jammer dat motorsport en spesifiek versnelrenne, wat op sigself gevaarlik is, nou met die ongeluk verbind word.”

Die bestuurder van die Golf staar in die stadium volgens AO Shikwambi ’n klag van onder meer strafbare manslag in die gesig.