Ter viering van die tiende bestaansjaar van die Ongwediva Handelskou het Republikein gister die gebinde On the Ball boeke bekendgestel waarin ’n volledige beeld van die afgelope Wêreldbeker-sokkertoernooi gegee word.
Op openbare aanvraag het Republikein 70 van die versamelstukke laat bind. Altesaam 40 van die boeke is sedert gister by die Ongwediva Handelskou teen N$350 elk te koop. Die res sal volgende week in Windhoek te koop wees.
Die uitvoerende redakteur van die DMH-groep, mnr. Chris Jacobie, het beklemtoon dat die boeke, waarin volledig verslag oor al 64 wedstryde van die Wêreldbeker gedoen is, ’n beperkte oplaag het en nie weer herdruk kan word nie.
Met die bekendstelling van die On the Ball boek op Oshakati was die belangstelling groot. Hier verduidelik mnr. Jacobie (regs) die unieke konsep van On the Ball aan mnr. George Mathis van Oshandira Lodge.