23.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


23 Mei 2012

30 Bruidspare gekies


Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

3.03.2010

Namibiërs maak harte oop vir Haiti

© Francoise Steynberg
Die leerlingraad van Sekondêre Skool Delta het N$5 500 vir die Haiti-fonds van die Namibiese Rooikruisvereniging ingesamel. Op Valentynsdag kon die leerlinge gewone klere aantrek, maar hulle moes ’n bydrae van N$5 tot die fonds lewer. Op die foto oorhandig die leerlingraad die tjek aan mee. Rosemary Nalisa (links) en Dorkas Kapembe-Haiduwa (regs) van die Rooi Kruis.

© Francoise Steynberg
Standard Bank het N$58 120 aan die Haiti-fonds van die Namibiese Rooikruisvereniging geskenk. Personeellede van die bank het in nege werksdae vanaf 9 tot 19 Februarie N$19 060 geskenk en die bank het die bedrag verdubbel na N$38 120. Tydens ’n geldinsamelingsgala het Standard Bank ’n tafel van N$10 000 gekoop en nog N$10 000 geskenk wat die totale bedrag op N$58 120 te staan bring. Die bank het boonop die vereniging van alle bankkoste vrygeskeld wat die Haiti-fonds betref. Die sekretaris-generaal van die Rooikruisvereniging, me. Dorkas Kapembe-Haiduwa (derde van links), het ’n beroep op Namibiërs gedoen vir skenkings, want die reënseisoen in Haiti is op hande en die orkaanseisoen begin in Junie wanneer toestande vir dakloses gaan vererger. Epidemies bedreig ook die nasie. SMS 2005 vir ’n bydrae tot die Haiti-fonds. Een SMS kos N$5. V.l.n.r is mnre. Deon Alcock en Gino Galant van Standard Bank, me. Kapembe-Haiduwa, me. Rosy Eixas van Standard bank, die bemarkingshoof, mnr. Thaddius Maswahu, en die nasionale koördineerder: hulpbronne mobilisasie van die Rooikruisvereniging, me. Rosemary Nalisa.

© Theo Gurirab
Die land se kampioen sokkerklub African Stars het Vrydag N$15 000 aan die Namibië Rooi Kruis oorhandig as bydrae tot die rampslagoffers van Haiti. Die voorsitter van die klub, mnr. Sidney Martin (regs), het gesê Namibiërs het ’n plig om te help. Daarom het African Stars en FNB Tigers onlangs ’n wedstryd gespeel om geld vir die doel in te samel. Mnr. Lesley Kozonguizi (links), Stars se spanbestuurder, het dieselfde boodskap oorgedra, terwyl die sekretaris-generaal van die Rooi Kruis, me. Dorkas Kapembe-Haiduwa (middel), die sokkerklub geloof het vir sy bydrae.