23.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


23 Mei 2012

30 Bruidspare gekies


Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

15.06.2010

Namibië ’n paradys vir fietsryers

© Annatjie du Plessis
Die groep Nederlandse fietsryers wat die land deurkruis en die natuur, diere en klimaat baie geniet.

VIR fietsryers is Namibië boaan die lys van voorkeurbestemmings wat op ’n fiets verken kan word. ’n Groep van tien Nederlandse trappers onder leiding en ondersteuning van die toergids Monique Zilverentant van Cycle Tours het al ver gevorder op hulle toer van 1 300 km deur die land.

Hul roete strek vanaf Windhoek na Rehoboth, Namibgrens, Solitaire, Vogel Federberg, Swakopmund, Hentiesbaai, Uis, Khorixas, Bambatsi, Outjo, Etosha (waar hulle per bussie vir twee dae getoer het), Otjikoto, Grootfontein, Otavi, Kamrav, Waterberg, Otjiwarongo, Kalkfeld, Omaruru en terug na Windhoek. Hierdie groep vriende kamp saans in tente wat met ’n ondersteuningsvoertuig saam karwei word.

Hulle geniet die Afrika-winter by uitstek. Die weer is uitmuntend, vertel een. Die nagte koel, met die mooiste sterre. Hulle is almal mense wat hou van kamp en die natuur geniet.

Hierdie fietstoer duur 24 dae van strawwe trap. Dis gesellig en lekker, vertel hulle al etende aan skywe waatlemoen wat in die saamry-spens van hul gids bewaar is. Sy is al soos familie, vertel hulle.

Dis nie die eerste keer dat hulle saam met haar toer nie. Sy is werklik ’n ambassadeur vir haar land, word entoesiasties getuigskrifte uitgedeel. Die toergroep bestaan uit mense van verskillende sfere van die samelewing.

Een is ’n medikus, ander staatsamptenare, projekbestuurders, bankiers, elektrisiëns en vrywillige werkers. Maar een ding het hulle in gemeen, hulle lê met gemak 80 km per dag per fiets af en geniet dit. Hierdie groep was Maandag in die omgewing van Grootfontein waarna hulle na Otavi sou trap.