Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


8 Februarie 2012

Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

06.12.11

Polisieman, boer vertel van ongeluk

05.12.11

Vakansiepad open sy tol

05.12.11

Geen borg vir Susanne Hoff

09.12.11

Vir braaivleisvuur, is permit die kuur

07.12.11

Omkopery op lughawe

12.03.2010

MTC boer vooruit

MET ’n totale inkomste van byna N$1,4 miljard, ’n styging van 12,8 persent, het Namibië se grootste selfoondiensverskaffer, MTC, sy finansiële uitslae vir die jaar 2008/2009 gister aan die publiek bekendgemaak.

Volgens mnr. Miguel Geraldes, die selfoonnetwerk se besturende direkteur, het MTC in al drie sy strategiese doelwitte geslaag deur sy kliënte te behou, 60 persent van alle nuwe intekenaars te ontvang en ’n beter teenwoordigheid met betrekking tot Internet-toeganklikheid in die land te vestig.

Die Namibiese mobiele telekombedryf het hierdie jaar sy infiltrasie met 14 persent vermeerder en 76 persent van die land se mense het toegang tot ’n selfoon. Namibië se infiltreringskoers is op die oomblik die derde hoogste op die vasteland na Suid-Afrika en Botswana.

Die afgelope finansiële jaar het MTC se kliëntebasis met 27,3 persent vermeerder ten spyte van die strawwe kompetisie. Tans verskaf hy ’n diens aan meer as 1,2 miljoen Namibiërs en beoog om die getal hierdie jaar nog groter te maak. MTC se kapitale uitgawes het die afgelope jaar aansienlik afgeneem as gevolg van “’n vertraging in kapitaalprojekte en die kapitalisering daarvan”.

Boonop het die afname in die interkonnektiewe terminasiekoers en die onbestendigheid van die wisselkoers gedurende die jaar groot uitdagings gestel en het dit enorme druk op die EBITDA en netto winsmarges geplaas.

Om die druk te verlig, het die maatskappy sy fokus op kostebestuur geplaas. ’n Groot deel van die beleggings wat MTC wel gedurende die finansiële jaar gemaak het, was tegnies van aard om te versker dat die gehalte van sy diens op ’n hoë standaard bly.

Volgens mnr. Geraldes is MTC besig om na ’n nuwe netwerk met ’n groter kapasiteit oor te gaan. Aangesien die kontantvloei gedurende die jaar so positief was, kon die netwerkverskaffer alle kapitaalprojekte uit sy eie sak finansier.

MTC het gedurende die jaar N$260 miljoen van sy eie inkomste in die besigheid herbelê terwyl hy N$367 miljoen in dividende aan sy aandeelhouers betaal het.

René Burger